Grafiese ontwerp

 

Wat doen ʼn grafiese ontwerper?​

Grafiese ontwerp is “kuns in die vorm van visuele kommunikasie”. ʼn Grafiese ontwerper skep oorspronklike, kreatiewe illustrasies en ontwerpe vir ʼn spesifieke probleem of situasie. Grafiese ontwerp sluit die estetiese en kreatiewe aspekte in van alle visuele materiaal wat vir promosie of korporatiewe doeleindes gebruik word in die sake- en advertensiewêreld. Voorbeelde sluit in die ontwerp en illustrering van logo’s, brosjures, promosieplakkate, webblaaie en interaktiewe CD’s. Dit behels ook tegniese en redaksionele illustrasies, die ontwerp van spyskaarte en voorblaaie, asook bladuitleg. ‘n Grafiese ontwerper skep dus vir promosie-, bemarking- of visuele kommunikasiedoeleindes. Die wêreld van grafiewe ontwerp is een van die mees stimulerende en opwindende velde wat ‘n talentvolle student kan betree. 

 

Waar kan jy werk?

Die loopbaanmoontlikhede in grafiese ontwerp is legio. Die bedryf is dinamies en word alom beskou as die grootste werkgewer van kunstenaars in kreatiewe beroepe. Individuele talent, motivering en persoonlikheid speel egter ʼn belangrike rol in die posisie wat ʼn gekwalifiseerde ontwerper in die bedryf beklee. Buiten ontwerpinstellings en drukkers, stel talle organisasies grafiese ontwerpers aan om ontwerp- en illustrasiewerk te doen. ʼn Grafiese ontwerper wat onafhanklik wil wees, kan sy/haar eie besigheid bedryf. Loopbaanmoontlikhede sluit die volgende in:

  • Professionele grafiese ontwerper
  • Vryskutkunstenaar
  • Animasiekunstenaar
  • Redaksionele ontwerper
  • Ontwerpdirekteur
  • Uitlegkunstenaar
  • Kinderboek-kunstenaar
  • Spotprenttekenaar
  • Illustreerder
  • Advertensiekunstenaar
  • Verpakkingsontwerper
  • Dosent
  • Multimedia-ontwerper

 

Prospektus

Keuringsproses