Meer oor ons
By CTrans bied ons vinnige en professionele dienste en oplossings vir al jou taaltameletjies. Ons netwerk professionele taalpraktisyns – asook ʼn reeks opwindende toekomsvooruitsigte – stel ons in staat om sakpas taaloplossings te bied.
Ons is ʼn geregistreerde korporatiewe lid van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI), dus kan jy gerus wees dat ons kenners is op die gebied van taaldienste. Ons gekwalifiseerde en ervare taalpraktisyns is gesteld op spertye en lewer topgehaltewerk. Benewens die meerderheid van Suid-Afrika se amptelike tale bied ons ook dienste in Duits, Frans en Portugees.
Ons visie
Dit is ons doel om die voorkeuragentskap in beide die akademiese en kommersiële taalbedryf te wees.
Dienste
Ons lewer uitnemende taaldienste aan ons kommersiële kliënte asook die personeel en studente aan die Noordwes-Universiteit. Ons uitmuntendheid word gewaarborg deur vertroulikheid te handhaaf en deur hoëgehaltediens teen mededingende pryse en omsettye te lewer.
By CTrans is ons trots daarop dat ons ʼn dinamiese taalagentskap is wat die toon in die bedryf aangee. Ons bied die volgende professionele taaldienste met gehalteversekering:
- vertaling
- redigering
- kopieskrywing
- professionele skep van onderskrifte
- transkripsie
Jy kan boonop altyd staatmaak op vriendelike en professionele kliëntediens.
Taaldienste vir akademiese tekste
ʼn Mens kan nooit die waarde van ʼn goeie eerste indruk onderskat nie. Daarom is noodsaaklik dat nagraadse studente hul navorsingsvoorstelle, verhandelinge en proefskrifte professioneel moet laat redigeer – hou in gedagte dat professionele taalgebruik jou akademiese inhoud toegankliker maak. By CTrans besef ons dat navorsing jou eerste prioriteit is, nie taalversorging nie. Laat ons die afrondingswerk vir jou artikels of kongresreferate doen sodat jy op die kern van die saak kan fokus. Ons bied ook spesiale afslag vir geregistreerde studente. Alle tekste word deur bekwame taalpraktisyns nagegaan om werk van uitnemende gehalte te verseker.
CTrans bied ʼn omvattende verskeidenheid akademiese taaldienste, onder andere:
- vertaling van opsommings
- basiese redigering
- kontrolering van verwysings
- basiese formatering en bladuitleg
Kommersiële taaldienste
CTrans neem ter harte dat ons kliënte die beste diens teen mededingende pryse en spertye benodig. Daarom lewer ons professionele taaldienste binne ʼn redelike omsettydperk teen mededingende pryse. Ons dienste dek ʼn wye verskeidenheid dokumentsoorte, onder andere kontrakte, advertensies, briewe, beleidsdokumente en opleidingshandleidings.
Kontak ons
Wendy Barrow
(CTrans-koördineerder)
+27 16 910 3485
Wendy.Barrow@nwu.ac.za
Gebou 7, Kantoor 202
Vanderbijlparkkampus
Noordwes-Universiteit
Sarita Antunes
(Assistent: CTrans)
+ 27 16 910 3485
Sarita.Antunes@nwu.ac.za
Gebou 7, Kantoor 202
Vanderbijlparkkampus
Noordwes-Universiteit
Christine van Aardt
(Sekretaresse vir die Skool vir Tale)
+27 16 910 3463
Christine.VanAardt@nwu.ac.za
Gebou 31, Kantoor G03
Vanderbijlparkkampus
Noordwes-Universiteit