Honneurs in Kommunikasie

Honneurs in Kommunikasie


Aansoekproses vir honneursprogramme

Ons bied drie honneursprogramme aan: Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie, Ontwikkelingskommunikasie en Joernalistiek en Mediastudies.

Alle studente moet aanlyn aansoek doen. Die sluitingsdatum is 30 September 2022.

Om aanlyn aansoek te doen

  • Gaan na die NWU webwerf
  • Klik studeer by die NWU
  • Klik doen hier aansoek
  • Klik honneurs/nagraadse diplomas
  • Klik hoe om aansoek te doen, om seker te maak dat jy die proses verstaan
  • Daarna klik jy doen aansoek onder die Hoe om te “tab”
  • Wanneer jy aansoek doen, sal jy ʼn ondernemingsvorm moet aflaai om die proses te begin. Jy sal al die instruksies vind rakende hoe om aanlyn aansoek te doen.

 

 

Dokumente wat jy sal moet laai, is

  • ʼn Afskrif van jou Identiteitsdokument
  • 'n Afskrif van jou Matrieksertifikaat
  • 'n Afskrif van jou nuutste Akademiese Rekord

 

Keuringsproses

Tydens ons keuringsproses fokus ons primêr op akademiese prestasie. Wanneer die aansoeke van studente van ander universiteite as van die NWU geprosesseer word, maak ons eers seker dat die student die toepaslike kwalifikasie het en die toepaslike modules in hul voorgraadse programme geslaag het om hulle toelating tot ons programme te gee. Ons kyk spesifiek na punte vir navorsingsmetodologie-module(s), kommunikasieteoriemodule(s) en module(s) wat verwant is aan die spesifieke program waarvoor die student aansoek doen.

Voornemende kandidate moes ʼn gemiddelde van minstens 60% vir hul finale jaar Kommunikasiemodules behaal het, en minstens 60% vir navorsingsmetodologi- en kommunikasieteorie-modules. Indien ʼn kandidaat aan hierdie vereistes voldoen, sal hul aansoek oorweeg word saam met al die ander aansoeke. Ons kapasiteit is beperk; dus kan ons nie aandui of ʼn kandidaat aanvaar sal word voordat ons al die aansoeke vir daardie spesifieke program geëvalueer het nie.

Belangrik 

Al ons Honneursprogramme as as kontakprogramme aangebied word, wat beteken dat studente in persoon moet klasse bywoon vir die duur van hul honneursstudie.