Sosiale Transformasie spesialiseer in die skepping, ontwikkeling, bestuur en evaluering van die transformasionele en maatskaplike ontwikkelingsrolle en verantwoordelikhede van die regering, die sakesektor en gemeenskappe in ontwikkelende samelewings en dra so beduidend tot Sosiale transformasie binne hierdie samelewings by. Die doel is om deur verskillende navorsingsmodusse ’n betekenisvolle bydrae tot die verbetering van ’n volhoubare lewenskwaliteit en transformasie in Suid-Afrika en ander Afrika-lande te lewer.
Die Navorsingsfokusarea: Sosiale Transformasie omvat die gebiede van openbare bestuur, politieke wetenskap, geskiedenis, sosiologie, sosiale antropologie, filosofie en kommunikasie, en dien dus as ’n spilpunt waar uiteenlopende dissiplinêre trajekte van sosiale wetenskappe saamvloei. Hierdie vakgebiede word in die volgende navorsingsgroepe verteenwoordig:
- Afrika-moderniteite van die Verlede en die Hede (AMPP): Prof Tinashé Nyamunda
- Korporatiewe Kommunikasie: Dr Lucinda Sutton
- Verdieping van Demokrasie in ’n 21ste-eeuse Wêreld: Dr Pieter Heydenrych
- Ontwikkelingskommunikasie: Dr Louise Bezuidenhout
- Journ21: Me Cornia Pretorius
- Noordwes Streeks- en Plaaslike Geskiedenis: Prof Elize van Eeden
- Filosofiese Navorsing: Prof Chantelle Gray
- Publieke Administrasie: Prof Luni Vermeulen
- Sosiale Aanpasbaarheid, Verandering en Volhoubaarheid: Prof Johan Zaaiman
’n Toegewyde span van meer as 60 navorsers dra by tot die hoë vlak van navorsingsuitsette wat deur die fokusarea SosialeSosiale Transformasie gelewer word. Talle van hierdie navorsers gee ook op voorgraadse en nagraadse vlak klas, en bied professionele opleidingsessies aan.
Nagraadse ondersteuning word verskaf aan daardie studente wat hulle nagraadse studies deur enige van die betrokke en/of bydraende skole en entiteite onderneem.