Aansoek Proses

Jy kan aanlyn aansoek doen deur hier te klik

Aansoeke vir toelating tot die Magister en PhD-programme vir die volgende jaar open in Mei en sluit op 30 September van elke jaar (30 September van die huidige jaar vir inskrywing vir volgende jaar). Maak asseblief seker dat jou aansoek ingedien is voor 1 Oktober. Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie. 

Jy het tyd tot einde April van die volgende jaar om te registreer indien jou aansoek suksesvol is. 

Benewens die ander dokumente wat jou aansoek moet vergesel, verwag ons ook van jou om ʼn brief van voorneme / mini-voorstel vir jou voorgestelde navorsing (twee bladsye maksimum) tesame met jou aansoek in te dien. Jou aansoek sal nie sonder hierdie dokument oorweeg word nie. 

Riglyne vir navorsingsvoorstel / brief van voorneme

Voorgestelde titel

Dit is net ʼn werkstitel met die doel om die studie te beskryf.

Probleemstelling

Die probleemstelling behoort die probleem of fenomene wat bestudeer gaan word, kortliks te beskryf.

Die volgende kan as ʼn riglyn beskou word:

  • In die geval van ʼn bepaalde probleem wat ondersoek word
  • Konteks van die studie (1 paragraaf)
  • Uiteensetting van die probleem (2-3 paragrawe)
  • In die geval van fenomene wat beskryf of ontleed word
  • Konteks van die studie (1 paragraaf)
  • Beskrywing van die fenomene (1-2 paragrawe)
  • Motivering waarom die fenomene uit die perspektief van die dissipline bestudeer behoort te word (1 paragraaf)

Navorsingsvraag  

ʼn Algemene navorsingsvraag sal voldoende wees, maar kandidate kan gerus ook spesifieke vrae formuleer. Die belangrike aspek is dat die navorsingsvraag die “wat daarvan” van die studie moet weerspieël. Dit moet dus duidelik wees wat die kandidaat wil weet nadat die studie voltooi is. 

Navorsingsmetodes  

Die navorsingsmetodes wat in die studie gebruik gaan word moet geïdentifiseer word. Gedetailleerde beskrywings van die metodes is nie nodig nie, maar dit met duidelik wees dat die studie uitvoerbaar is en dat die metodes die kandidaat in staat sal stel om die navorsingsvrae te beantwoord.