Tuis

 

Die geesteswetenskappe word as een van die oudste akademiese dissiplines in die hoëronderwyssektor beskou. Aangesien dit die akademiese ondersoekgebiede insluit wat op die begrip, interpretasie, kommunikasie en produsering van kennis oor die mens se ervaring en interaksie fokus, bly die gebied van die geesteswetenskappe noodsaaklik vir die hoëronderwyssektor sowel as vir die korporatiewe wêreld. 
Die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit bied aan studente ’n kragtige onderhandelingsmiddel in die hedendaagse veranderende wêreld, aangesien ons ons studente met kritieke en intellektuele vaardighede toerus om die menslike ervaring in ’n persoonlike, kulturele en sosiale konteks te verstaan en te verduidelik.

Ons erken die impak van tegnologie op alle aspekte van die samelewing en ons programme is daarom ’n snyding tussen geesteswetenskappe en tegnologie om die plaaslike en wêreldwye uitdagings wat die mensdom moet hanteer, te begryp, hanteer en versag.

Ons is trots daarop dat ons gemeenskapsbetrokkenheidsnavorsing en etiese onderrig en leer aan alle studente bied, met die erkenning van ons Afrika-identiteit in die strewe na uitnemendheid in vakkundigheid en maatskaplike verantwoordelikheid.

Studierigtings

Navorsing en Innovasie

Inheemse Taalmedia in Afrika

Hierdie navorsingsnisarea is die enigste van sy soort op die vasteland van Afrika. Dit fokus op die kwessies van Afrika-tale in die media, die teenstelling tussen openbare en privaat finansiering van die media, die media en identiteit, die media en politiek, die internet, media en demokrasie, media en ontwikkeling, asook Afrika- tradisionele kommunikasie-/mediastelsels en hulle toepassings.

Musiekkuns in Suid-Afrika: Hulpbronne en Toepassings (MASARA)

MASARA doen musieknavorsing binne verskillende subvelde, met inbegrip van Musiekopvoeding, Musiekteorie en -ontleding, Musikologie (insluitende Afrika-musiek), Gemeenskapsmusiek en Praktykgebaseerde Navorsing. Die sentrale tema van ons navorsing is Musiek en Welstand. Ons lede lewer ook kreatiewe uitsette in die vorm van musiekuitvoerings en -komposisies. Die entiteit bied verskeie meesters- en doktorsgrade aan wat óf navorsingsgebaseer is óf navorsing en musiekuitvoering of -komposisie integreer.

Optentia-navorsingseenheid

Hierdie navorsingsfokusarea is ’n hoogs diverse entiteit in die fakulteit. Die doelwit daarvan is om kennis vir die optimale uitdrukking van individuele, sosiale en institusionele potensiaal – met spesifieke belangstelling in die Afrika-konteks – te ontwikkel en te organiseer.

Bevolking en Gesondheid 

Hierdie navorsingsfokusarea lei sosiale wetenskaplikes op om navorsing van ’n hoë gehalte te produseer wat in die besonder met Suid-Afrika se sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling verband hou, asook met dié van Afrika suid van die Sahara as geheel. 

Fokus Area: Sosiale Transformasie

Hierdie fokusarea spesialiseer in transformasie- en maatskaplike ontwikkelingsrolle en verantwoordelikheid van die regering, die sakesektor en gemeenskappe in ontwikkelende samelewings. Die doel is om ’n bydrae te lewer tot die verbetering van ’n volhoubare lewenskwaliteit en transformasie in Suid-Afrika en ander Afrika-lande.

Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings (UPSET)

Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings, of kortliks, UPSET, is ’n navorsingsfokusarea wat ondersoek hoe mense taal in die komplekse, meertalige opset van Suid-Afrika gebruik. UPSET ondersteun verskeie personeellede in die Skool vir Tale wat hulle navorsingsbelangstelling volg in drie subprogramme, naamlik beskrywende linguistiek, toegepaste taalstudie en taalpraktyk. UPSET verskaf voorts ondersteuning vir die meestersgraad- en doktorale studies waar studieleiers/promotors wat by die navorsingsentiteit geaffilieer is, studieleiding verskaf.

Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks

Die taaldiversiteit van Suid-Afrika verskaf ’n ryk agtergrond vir die navorsingsfokus van hierdie eenheid, wat uit vier hoofareas van kundigheid bestaan: letterkunde, beskrywende linguistiek, toegepaste linguistiek, en taaltegnologie. Die navorsingseenheid is primêr betrokke by die ondersteuning van nagraadse studies op MA- en PhD-vlak, maar ondersteun ook personeellede in die Skool vir Tale met hulle navorsingsprojekte.

Visuele Narratiewe en Kreatiewe Uitsette deur Interdissiplinêre en Praktykgeleide Navorsing (ViNCO)

Die navorsingsnis ViNCO dra by tot die huidige diskoers oor Suid-Afrikaanse en Afrika- visuele narratiewe en die geskiedenis en visies wat daaraan vorm gee.

Sentrums

Kreatiwiteitsentrum

Die NWU-kreatiwiteitsentrum bied kortkursusse op die Potchefstroomkampus in verskillende kreatiewe kategorieë aan. Dit sluit tekening, grafiese en webontwerp, digitale fotografie, Adobe-sagteware en drama, klank en film in. 

NWU-Skryfsentrum

Hierdie sentrum is toegewy aan die verbetering van studente se akademiese skryfwerk deur hulle te help om hulle skriftelike opdragte te beplan en te struktureer. 

Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT)

CTexT is ’n navorsings- en ontwikkelingsentrum wat hulle navorsing op menslike taaltegnologie fokus en taaltegnologieprodukte vir die Suid-Afrikaanse tale ontwikkel.