Dekaans verwelkoming

 

Welkom aan alle studente, ouers, kollegas en vennote wat die fakulteit se webblad besoek.

Dankie vir julle belangstelling in die Fakulteit Geesteswetenskappe by die NWU, en ons hoop dat ons julle binnekort by die Geesteswetenskappe-familie sal kan verwelkom.

Die Fakulteit Geesteswetenskappe is verbind tot die verskaffing van onderrig van ’n hoë gehalte waar studente in die kritieke begrip en interpretasie van die menslike ervaring onderrig word. Ons benadering tot onderrig, leer, navorsing en betrokkenheid by die gemeenskap word gerig deur die kern- strategiese waardes van die Universiteit, naamlik om akademiese uitnemendheid deur maatskaplike geregtigheid te verskaf.

Die fakulteit se programme is ontwerp om ons studente toe te rus met kritieke intellektuele denkvaardighede, en ’n betrokke etiese leerervaring wat in Afrika gegrond is vir wêreldwye deelname en waardering en respek vir diversiteit. Die fakulteit bied ’n unieke, navorsingsgerigte ervaring regoor ’n breë spektrum van voorgraadse, nagraadse en navorsingsprogramme.

Ons fakulteit het ’n teenwoordigheid op al drie leweringspunte van die NWU, naamlik Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mahikeng. Ons is voorts trots daarop dat studente regoor die drie kampusse onderrig word deur uitnemende, diverse personeel wat leiers op hulle onderskeie gebiede is.

Dit is jou kans om die kultuur en tradisies te verstaan wat ons wêreld ’n ryk en fassinerende plek maak. Die tyd wat jy by die fakulteit deurbring, skep ’n geweldige geleentheid om oor die wêreld en sy betekenis te leer, en om met van die belangrikste vrae waarmee die mens te doen kry, te worstel – vrae oor die verlede, die hede en die toekoms.  Ons vertrou dat ons programme aan jou professionele en wetenskaplike aspirasies sal voldoen.

 

Vriendelike groete
Prof Dumi Moyo
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe