Tuis


Sosiale Wetenskappe behels die wetenskaplike studie van die samelewing en hoe kulturele vorms, strukture en magsverhoudings na vore kom, oor die tyd heen verander en mense se lewens in vele kontekste beïnvloed. Sosiale Wetenskappe help om te verstaan en te verduidelik hoe die samelewing werk, hoe dit verander, en hoe dit ons toekoms beïnvloed – van die oorsake van werkloosheid of die faktore wat ekonomiese groei aanmoedig, tot hoe en waarom siektes versprei. Van hoe kategorieë soos geslag, ras en etnisiteit geproduseer word, tot hoe sosiale solidariteit bereik word. Van die manier waarop produkte betekenisvol gemaak word, tot hoe ’n verbruikersbewustheid die klimaat beïnvloed.

Sosiale wetenskaplikes is invloedryk omdat die werk wat hulle doen, help om regeringsbeleid, bemarkingstrategie, die burgerlike samelewing se agendas en ekonomiese beleid vas te stel. Sosiale Wetenskappe is magtig omdat dit kan verander hoe ons met instellings, met omgewings en met mekaar omgaan. Sosiale Wetenskappe is ’n fundamentele akademiese veld, en sosiale wetenskaplikes is gesog om beleide te help opstel, raad te gee oor bemarking, en data aan die burgerlike samelewing, produkontwerpers, regerings en multilaterale organisasies te verskaf.

Studiegebiede

Gebeure

NWU Geskiedenis Seminaarreeks: Bernard Mbenga on the Oorlam Community of Welgeval