Baccalaureus in Sosiale Wetenskappe

Die Baccalaureus Societatis Scientiae-programme (BSocSc-programme) kombineer dissiplines en kursusse om aan die student ’n bepaalde kennis- en vaardigheidsbasis te verskaf. Hierdie graad in Sosiale Wetenskappe maak ’n aantreklike reeks loopbaanopsies moontlik. Gesofistikeerde kommunikasie, omvattende navorsingsmetodes, helder analitiese denke en aanpasbaarheid is die vaardighede wat jy behoort te besit nadat jy die Baccalaureus Societatis Scientiae voltooi het. Hierdie vaardighede gaan gepaard met ’n gedetailleerde kennis van belangrike aktuele en teoretiese debatte wat van belang is vir navorsingswerk in die Suid-Afrikaanse konteks.

Graadopsies

Baccalaureus Societatis Scientiae (BSocSc) met een van die volgende opsies vir hoofvakke

  • BSocSc met Ontwikkelingstudies (MK)
  • BSocSc met Ekonomie (MK, PK, VK)
  • BSocSc met Geografie (MK, PK, VK)
  • BSocSc met Geskiedenis (MK, PK, VK)
  • BSocSc met Bevolkingstudie (MK)
  • BSocSc met Sielkunde en Sosiale Wetenskappe (MK, PK, VK)
  • BSocSc met Sosiale Antropologie (PK, VK)
  • BSocSc met Sosiologie (MK, PK, VK)

Dit is ’n driejaar- voltydse kursus.

Die kursus word op die Potchefstroomkampus (PK), Mahikengkampus (MK) en Vanderbijlparkkampus (VK) aangebied. Waar slegs een kampus in hakies aangedui word, beteken dit die graadopsie is slegs op daardie kampus beskikbaar.

Kernvakke

  • Ontwikkelingstudie
  • Ekonomie
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Politiek
  • Bevolkingstudie
  • Sielkunde
  • Sosiale Antropologie
  • Sosiologie

Toelatingsvereistes

  • TPT van 22
  • Klik asseblief hier om na die TPT-berekenaar te gaan.

Loopbaangeleenthede

  • Marknavorser
  • Politieke ontleder
  • Data-ontleder
  • Ontwikkelingspesialis
  • Navorser in staats- en privaat navorsingsorganisasies
  • Politieke wetenskaplike
  • Ekonoom
  • Organisatoriese bedryfsielkundige
  • Sosioloog
  • Aardrykskundige
  • Sielkundige
  • Antropoloog
  • Geskiedkundige
  • Navorser