Tale

Terugblik: NWU BUA!-gedigtesessie

Die eerste NWU BUA! -gedigtesessie was 'n viering van poësie in 'n menigte tale, aangebied deur MC Allison-Claire Hoskins by die Heimat-saal (Potchefstroom) op 12 Augustus 2022. Gewilde digters was Makhafula Vilakazi, Jolyn Phillips en The Sapient, sowel as verskeie digters van NWU en die groter Potchefstroom-omgewing.

 


Oor die Skool vir Tale

Suid-Afrika is ’n meertalige land waar die Grondwet en die mense die rykheid en diversiteit van tale vier. Ons bied in die Skool vir Tale ’n verskeidenheid tradisionele taalkursusse aan waarin jy die vorm, funksie en betekenis van elke taal bestudeer, saam met die letterkunde wat in elkeen van hierdie tale geproduseer is. As lees nog altyd jou passie was, sal die Skool vir Tale die volgende tree van jou reis deur die wonderlike wêreld van boeke wees.

Saam met hierdie tradisionele kursusse, bied ons spesialisasiegebiede wat jou vir ’n wye reeks moderne loopbaangeleenthede in tale en taalverwante gebiede voorberei – van taaltegnologie, redigering en vertaling, tot gesproketaaltolking. Jy kan by ons studeer om ’n vertaler, tolk en redigeerder te word, of jou vir ’n loopbaan as taalonderwyser, skrywer, joernalis of taaltegnoloog voorberei.

 


Navorsing, Innovasie en Sentrums

Centre for Text Technology (CTexT)

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) is ’n navorsings- en ontwikkelingsentrum op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. CTexT doen navorsing oor menslike taaltegnologie en ontwikkel taaltegnologieprodukte vir die Suid-Afrikaanse tale.

Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings (UPSET)

Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings, of UPSET, is ’n navorsingsfokusarea wat ondersoek hoe mense taal in die komplekse, meertalige opset van Suid-Afrika gebruik. UPSET ondersteun ’n aantal personeellede in die Skool vir Tale ten opsigte van die uitoefening van hulle navorsingsbelangstellings in drie subprogramme, naamlik Beskrywende Linguistiek, Toegepaste Taalstudie en Taalpraktyk. UPSET verskaf voorts ondersteuning vir die meestersgraad- en doktorale studies waar studieleiers/promotors wat by die navorsingsentiteit geaffilieer is, studieleiding verskaf.

Eenheid vir Tale en Literatuur in die SA Konteks

Die taaldiversiteit van Suid-Afrika verskaf ’n ryk agtergrond vir die navorsingsfokus van hierdie eenheid, wat uit vier hoofareas van kundigheid bestaan: letterkunde, beskrywende linguistiek, toegepaste linguistiek, en taaltegnologie. Die navorsingseenheid is primêr betrokke by die ondersteuning van nagraadse studies op MA- en PhD-vlak, maar ondersteun ook personeellede in die Skool vir Tale met hulle navorsingsprojekte.

Skryfsentrum

Die doelwit van die NWU se Skryfsentrum is om studente te help om hulle akademiese skryfwerk te verbeter. Die Skryfsentrum verskaf gratis konsultasies oor alle stadiums van die akademiese skryfproses. Dienste dek een-tot-een-konsultasies (persoonlik en aanlyn), groepsessies, en vakspesifieke projekte. ’n Professionele konsultant kan oor die volgende onderwerpe aan studente leiding gee:

  • Opheldering: die verstaan van opdragte
  • Ontdekking: die hou van dinkskrums, die ontwikkeling van idees, die ontdekking van ’n fokuspunt
  • Organisasie: die ordening van idees, die bou van ’n argument
  • Hersiening: die heroorweging van hoofargumente en idees
  • Bronintegrasie: die gebruik van verwysings in die teks en in die bibliografie