Kwalifikasies

 


Die kwalifikasies wat aangebied word, ondersoek die snelveranderende gebied van taal en die relevansie daarvan vir die samelewing. Deur by die Skool vir Tale te studeer, verkry jy ’n beter begrip van die aard van taal en letterkunde, en jy leer oor verskillende maniere om verskillende soorte taal en tekste in konteks te ontleed. Afhangend van jou program en vakkeuses, kan jy ook kennis en vaardighede oor taalverwante praktiese toepassings soos taaltegnologie, taalpraktyk en kreatiewe skryfwerk verkry.

Graadopsies

BA in Taal- en Literêre Studie (PK, MK)
BA in Taal- en Literêre Studie met Tale (VK)
BA in Taal- en Literêre Studie met Taalpraktyk (VK)
BA in Taal- en Literêre Studie met Taalpraktyk en Kommunikasie (VK)
Alle kursusse word voltyds oor drie jaar aangebied en word op ons Mahikengkampus (MK), Potchefstroomkampus (PK) en/of Vanderbijlparkkampus (VK) aangebied, soos hierbo aangedui word.
 

Vakke wat aangebied word

 
**Waar dit in hakies geïdentifiseer word, is die vak slegs op ’n spesifieke kampus beskikbaar: Mahikengkampus (MK), Potchefstroomkampus (PK), Vanderbijlparkkampus (VK).
 
  • Akademiese Geletterdheid (MK, PK, VK)
  • Afrikaans en Nederlands (PK, VK)
  • Kreatiewe Skryfwerk (PK)
  • Engels (MK, PK, VK)
  • Frans (MK, PK, VK)
  • Duits (PK, VK)
  • Taalpraktyk (MK, PK, VK)
  • Taaltegnologie (PK)
  • Sesotho (VK)
  • Setswana (MK, PK)
  • Suid-Afrikaanse Gebaretaal (PK)
 

Toelatingsvereistes

  • APS van 24
  • Afrikaans, Engels, Tswana, en Suid-Sotho: Huistaal vlak 4 (50–60%) OF Eerste Addisionele Taal vlak 5 (60–70%)
  • Geen toelatingsvereistes vir Frans, Duits en taalverwerwingsmodules in Tswana en Suid-Sotho nie
 

Loopbaangeleenthede

  • Kreatiewe skryfwerk en vryskutskryfwerk
  • Vertaling, tolking, redigering, proefleeswerk
  • Onderwys (LW: wanneer dit met ’n nagraadse onderwyssertifikaat/diploma gekombineer word)
  • Akademie en navorsing
  • Taaltegnologie (LW: wanneer dit met ’n graad in taaltegnologie gekombineer word)
  • Kommunikasie en joernalistiek
  • Die uitsaaibedryf
  • Die uitgewersbedryf
  • Leksikografie
  • Taalspesialisasie in die staat- en bedryfsektor
  • Kurrikulumontwerp (vereis nagraadse studie)
  • Joernalistiek
  • Kopie-, tegniese en inhoudskryfwerk
  • Die uitgewersbedryf en reklame
  • Gespesialiseerde sekretariële en administratiewe werk
  • Vreemdetaalpraktyk
  • Buitelandse kliëntediens