Tuis

Die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die SA Konteks ondersteun navorsing oor taalkunde, letterkunde en taaltegnologie regoor al drie NWU‑kampusse. Hulle beplan ook om ’n spilpunt te wees vir ontwikkelings in die nuwe en groterwordende gebied van digitale humaniora.

Lede van die navorsingseenheid kom uit al die departemente in die Skool vir Tale, insluitend Afrikaans en Nederlands, Engels, Frans, Duits en Tswana, asook vanaf CPALP (die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk) en CTexT (die Sentrum vir Tekstegnologie). Hulle belangstellings en bevoegdhede is baie uiteenlopend, maar is in wese gekonsentreer in die gebied van toegepaste en beskrywende taalkunde, literêre kritiek, akademiese geletterdheid, taaltoetsing en taaltegnologie, veral deur die bedrywighede van CTexT.

Die navorsingseenheid is ook die tuiste van ’n aantal buitengewone professors en buitengewone navorsers, wat tot die navorsingspogings bydra en as studieleiers vir nagraadse studente optree.