Literatuur

Oorsig

 

Op die oomblik fokus die subprogram Literatuur op die temas Literêre tekstualiteit: Produkte en prosesse, Lewenskrywing, Ekokritiek en Ekofeminisme, Eudamonie en Metamodernisme. Ons spesialiseer op gebiede soos teksproduksie, teksuitgawe, intertekstualiteit, teksinterpretasie en verhoudings tussen teks en die wêreld. Lewenskrywing sluit aspekte in soos outobiografie, outobiografiese aspekte van literatuur, en outofiksie. Navorsing in ekokritiek sluit onderwerpe in soos mistisisme. Ons ondersoek ook die ontleding van literêre en ander tekste met betrekking tot die nuwe veld, digitale geesteswetenskappe.