Engels

Beskikbaar op die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus


Die geskiedenis van die Engelse taal het eintlik begin met die aankoms van drie Germaanse stamme wat Brittanje in die 5de eeu n.C. ingeval het. Engels het dus sy wortels in die Wes-Germaanse tale van die Indo-Europese taalfamilie, waaruit Duits en Nederlands ook ontwikkel het, en het ook talle invloede uit Romaanse tale soos Frans ervaar.   Die geskiedenis van die Engelse taal word oor die algemeen in drie tydperke verdeel: Oudengels, Middelengels en Moderne Engels.

Die Engelse geskiedenis noem verskeie suksesvolle invalle, en dit het beteken dat ’n addisionele taal gewoonlik afgedwing is. Die Romeine het byvoorbeeld Latyn ingebring, en die Normandiese inval van 1066 het Frans gebring. Vanaf ongeveer 1600 het die Engelse kolonisering van Noord-Amerika en ander dele van die wêreld die skepping van talle duidelik onderskeibare variëteite van Engels, soos Amerikaanse Engels en Suid-Afrikaanse Engels, tot gevolg gehad.

Die Engelse taal in Suid-Afrika dateer hoofsaaklik vanaf die aankoms van die Britte in die Oos-Kaap in 1820. Soos die geval was met die meeste kolonies, is Engels eerste deur soldate en administrateurs ingevoer, en toe deur sendelinge, setlaars en fortuinsoekers. Engels het gedurende die 19de eeu as Suider-Afrikaanse taal gevestig geraak toe Britse setlaars hulle in die Oos-Kaap en Natal gevestig het, gevolg deur die totstandkoming van die diamantmyne in Kimberley en die goudmyne aan die Witwatersrand.

Daar word beraam dat ongeveer ’n derde van die wêreld se bevolking, ongeveer twee biljoen mense, nou Engels gebruik.

[Accordion Collapsed]

Waarom Engels studeer?​

Engels sluit baie deure oop omdat dit:

  • die taal van sommige van die wêreld se grootste letterkundige werke is;
  • ’n wêreldtaal en die taal van besigheid is;
  • die taal van die media, die bedryf, en die internet is;
  • vir ’n mens toegang tot die wêreld van vermaak gee;
  • reise vir jou makliker maak, en vir jou toegang tot baie kulture gee;
  • jou geheue verbeter en jou brein besig hou; en
  • jou aan beter geleenthede blootstel.

Kursusinligting​

Engels word in die Baccalaureus Artium in Tale en Literêre Studie aangebied, of kan in kombinasie met ander hoofvakke geneem word, soos dit in die akademiese jaarboek beskryf word. ’n Hoofvak in Engels is ’n driejaarkursus wat jou toegang gee tot honneursgraad- en nagraadse studies. Die kursuswerk dek letterkundige en taalkundige temas en onderwerpe.

Engels as hoofvak help studente om persoonlik en intellektueel te ontwikkel, aangesien studente geleer word om krities met hulle werk, hulle medestudente en hulle dosente om te gaan. Die letterkundige kursuswerk dek sleuteltydperke, -skrywers en -bewegings in die Engelse letterkunde vanaf die 17de tot die 21ste eeu. Die taalkundige komponent stel studente bekend aan grammatikale ontleding (sinsbou en semantiek), toegepaste taalkunde (taalverwerwingsteorieë; kurrikulumontwerp en lesbeplanning), historiese linguistiek (ontwikkeling van Engels), stylleer en sosiolinguistiek.

Engels is ’n taal van kommunikasie, reis en onderrig. Engels as hoofvak maak belangrike loopbaangeleenthede soos onderwys, hoftolking, vertaling en redigering moontlik.

Die Engels-departement van die Potchefstroomkampus bied ook twee aanvullende opsionele modules op tweedejaarsvlak aan: Klassieke Letterkunde vir Letterkundestudente (I) en (II). Hierdie modules fokus op klassieke mitologie en letterkundige genres, en klassieke invloede op latere letterkunde.

Modules wat ontwerp is vir Engels vir praktiese doeleindes (ENLS) word ook regoor die drie kampusse aangebied. Die kursus is gerig op studente wat hulle professionele skryfvaardighede wil verbeter en bestaan uit twee eerstejaarsmodules:

  • English for Specific Purposes
  • Practical English for Professional Purposes

Moontlike Beroepsgeleenthede​

  • Kurrikulumontwerp (vereis nagraadse studie)
  • Onderrig van Engels as tweede of ander taal
  • Onderwys (in kombinasie met 'n nagraadse onderwyssertifikaat/-diploma)
  • Kreatiewe skryfwerk & vryskutskryfwerk
  • Joernalistiek
  • Tegniese skryfwerk
  • Inhoudskryfwerk
  • Uitgewersbedryf & advertensiewese
  • Gespesialiseerde sekretariële en administratiewe werk
  • Taalpraktisynswerk
  • Digitale kopieskryfwerk
  • Redigeerwerk
  • Leksikografie
  • Spraakpatologie (vereis verdere studie)
  • Proeflees
  • Akademie & navorsing (binne 'n tersiêre omgewing) ​

Interessante skakels

 
[/accordion]