Afrikaans en Nederlands

Beskikbaar op die Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus
 

Die variëteit van Afrikaans wat vandag gepraat word, het ontstaan uit Nederlands, Maleis en Afrikatale wat deur vroeë setlaars in Suid-Afrika in die 1600’s gepraat is. Taalkundiges beskou Afrikaans as ’n jong taal. Die ontwikkeling daarvan het in die 17de eeu begin toe koloniste uit Nederland begin het om ’n voorradedepot vir die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie by die Kaap die Goeie Hoop op te rig.

Afrikaans word as ’n sustertaal van Nederlands beskou en is voorheen Cape Dutch genoem omdat die setlaars in Kaapstad gekonsentreer was. Moderne Afrikaans is egter ’n samevoeging van talle ander invloede, wat ander tale insluit – buitelandse sowel as inheemse tale. Die woordeskat vir Afrikaans kom van die Khoisan-tale, Duits, Maleis, Portugees en verskeie Bantoetale, met ongeveer 90% tot 95% ooreenkoms met die Nederlandse leksikon.

Afrikaans is die taal wat die derde meeste in Suid-Afrika gepraat en verstaan word, en word ook in naburige lande soos Namibië, Botswana, Zimbabwe, eSwatini en Lesotho gepraat.

[Accordion Collapsed]

Waarom Afrikaans studeer?​

Afrikaans is ’n nasionale bate, en is ’n belangrike bron van kennis en bemagtiging. By die NWU wil ons hê dat almal in die skepping en genieting van die Afrikaanse kultuur moet deel, veral die letterkunde, en die ontwikkeling van die taal as ’n intellektuele instrument. Daar is ’n geweldige skatkis van inheemse kennis oor alle onderwerpe wat in Afrikaans beskikbaar is. Deur Afrikaans en Nederlands te bestudeer, verkry jy:

  • Die nodige analitiese en skryfvaardighede wat vir talle loopbane en situasies in die lewe nodig is.
  • Die basis vir sukses in enige ander universiteitskursus.
  • Die deurgang na ’n menigte loopbaanmoontlikhede, soos joernalistiek, taalpraktyk, onderwys, kreatiewe skryfwerk en die uitgewersbedryf, asook die reklame- en gasvryheidsbedryf. 
  • Jy kan na talle plekke reis en jou Afrikaans meer dikwels gebruik as wat jy moontlik verwag. Suid-Afrika, Namibië en Botswana het almal Afrikaanse gemeenskappe, en dit sal selfs verstaan word op plekke waar mense Nederlands praat, soos Nederland, België, Suriname, en dele van die Karibiese Eilande. Afrikaans word ook by universiteite in Pole, Rusland, die Tsjeggiese Republiek, Amerika, België, Nederland en Duitsland aangebied.
  • ’n Beter begrip vir die wêreldgeskiedenis en -kultuur.

Kursusinligting​

Afrikaans en Nederlands is ’n voorgraadse kursus wat in die BA-program aangebied word en loop van eerstejaars- tot derdejaarsvlak. Voltooiing van derdejaarsmodules stel studente in staat om aan die minimum vereistes te voldoen om met honneursgraadstudies voort te gaan wat toegang tot meestersgraad- en doktorale studies in hulle gekose belangstellingsveld verleen. Bestudering van Afrikaans en Nederlands stel studente in staat om Afrikaanse taalkundige en letterkundige onderwerpe vanuit ’n wetenskaplike en vakkundige oogpunt te benader.

Die belangrikste letterkundige werke in Afrikaans, en ook ’n redelike hoeveelheid Nederlandse letterkunde, word bestudeer. Mense wat Afrikaans verstaan, verstaan Nederlands relatief maklik, wat vir jou toegang tot ’n hele ander kultuur en sy letterkunde gee. Die geskiedenis van letterkunde en letterkundige teorieë word toegepas met die doel om nuwe en relevante interpretasies van gedigte, romans en toneelstukke te vind, en om vas te stel hoe letterkunde die samelewing en ons plek daarin weerspieël.

Die wetenskaplike studie van spraakvoorstelling en spraakklanke (fonologie en fonetiek), woordvorming (morfologie), betekenis (semantiek), sinstruktuur (sintaksis/sinsbou) en die geskiedkundige ontwikkeling van Afrikaans en sy verwantskap met ander tale en die sosiale konteks word in Historiese Linguistiek en Sosiolinguistiek gedek.

Moontlike Beroepsgeleenthede​

  • Onderwys (in kombinasie met 'n nagraadse onderwyssertifikaat/-diploma)
  • Akademie & navorsing
  • Vryskutskryfwerk
  • Vertaalwerk & tolking
  • Taaltegnologie (in kombinasie met 'n graad in taaltegnologie)
  • Kommunikasie & joernalistiek
  • Uitsaaiwese
  • Kopieskryfwerk
  • Tegniese skryfwerk
  • Uitgewersbedryf
  • Leksikografie
  • Gespesialiseerde sekretariële dienste
  • Proefleeswerk
  • Taalspesialisering in staat- & bedryfsektors

Interessante skakels

[/accordion]