Oor ILMA

 

Die entiteit Inheemsetaalmedia in Afrika (Indigenous Language Media, ILMA) is ’n navorsingsnisarea van die Noordwes-Universiteit (NWU in Suid-Afrika. Dit is die enigste van sy soort op die vasteland van Afrika.

Dit fokus op die kwessies van Afrikatale in die media, die kontras tussen openbare en privaat finansiering van die media, die media en identiteit, die media en politiek, die internet, media en demokrasie, media en ontwikkeling, en Afrika- tradisionele kommunikasie-/mediastelsels en die toepassings daarvan.

Die spesifieke navorsingsdoelwitte van die entiteit is:

  • Om navorsing te doen oor die aard en inhoud van Afrikatale in die gedrukte, uitsaai- en digitale media, asook die beoefening van Afrikataaljoernalistiek.
  • Om navorsing te doen oor die aard en praktyk van korporatiewe en bemarkingskommunikasie, asook ontwikkelingskommunikasie, insluitende demokrasie, in Afrikatale.
  • To research the nature of African indigenous communication systems and to study their application in human and social development.Om navorsing te doen oor die aard van Afrika- inheemse kommunikasiestelsels en om die toepassing daarvan in menslike en sosiale ontwikkeling te bestudeer.
  • Om navorsing te doen oor die politieke ekonomie en bestuur van die Afrikataalmedia, en om die aard daarvan as alternatiewe media te bestudee.