Subprogramme


Afrikataaljoernalistiek

Die aard, inhoud en taalgebruik van Afrikataaljoernalistiek vorm deel van die fokus van hierdie subprogram. Joernalistiekpraktyk in Afrikataalmedia word ook bestudeer om die eiesoortigheid, uitdagings en moontlikhede vir verbetering te verstaan. Afrikataaljoernalistiek word bestudeer om te bepaal of die media begin het om die digitale tegnologieë te aanvaar of nie, en die mate waartoe hulle bedrywighede gedigitaliseer is, indien wel. Afrikataalmedia word as alternatiewe media en gewilde media bestudeer. Sterk teoretisering word in hierdie verband gedoen.

Demokrasie en Ontwikkelingskommunikasie in Afrikataalmedia

Dit vorm deel van die toepassing van inheemsetaalmedia.

Korporatiewe Kommunikasie in Afrikatale

Dit is ’n ander been van die toepassing van Afrikataalmedia. Hierdie subprogram is gemoeid met die bestudering van openbare betrekkinge en reklameboodskappe wat in Afrikatale gedoen word.

Bestuur en Politieke Ekonomie van Afrikataalmedia

Hierdie subprogram is gemoeid met die rede waarom besighede in die Afrikataalpers onstabiel is. Dit is belangrik om daarop te let dat die kwessie van politieke ekonomie nie in die sukses of nie van Afrikataalmedia verontagsaam kan word nie.

Afrika- Inheemse Kommunikasiestelsels

Die tradisionele Afrika-kommunikasiemedia sluit volksoorlewerings en die artistieke komponente soos dans, drama, liedere, poësie, volksverhale, spreuke, ens. in. Ander is simboliese voorwerpe, tromme, ghongs en die stadsomroeper.

Hierdie subprogram ondersoek hierdie tradisionele media vir sosiale, ekonomiese, politieke en ontwikkelings- en sosialeveranderingskommunikasie.