Tuis

 

’n Graad in Regeringstudies gee vir jou ’n begrip van die teorie en praktyk van regering, die aard van politiek, die opstel van beleid en openbare administrasie, asook van buitelandse beleid en staatsekuriteit. Studente wat vir hierdie graad studeer, is dié wat ’n positiewe impak op ’n vinnigveranderende samelewing wil maak. Hulle is gretig om die kennis, vaardighede en ingesteldhede te ontwikkel wat hulle gaan help om daardie bydrae te lewer.