Kommunikasie

In die Skool vir Kommunikasie leer studente die nodige vaardighede aan om praktisyns in kommunikasie, die media en openbare betrekkinge te word, asook om ingeligte/kritiese mediaprodusente en verbruikers te wees. Die doel van ons kwalifikasies is om studente in staat te stel om met gesag en met groot professionalisme in die media en korporatiewe omgewings in organisasies met en sonder winsbejag op te tree.

Die vakgroepe Grafiese Ontwerp, Kommunikasie en Kunsgeskiedenis is hier geleë en word deur ’n span dinamiese akademici met ’n unieke kombinasie van loopbaankundigheid en akademiese kwalifikasies gelei. Die module-inhoud word gereeld hersien om seker te maak dat ons op die voorpunt van ontwikkelings in ons onderskeie velde bly.

Ons streef daarna om ’n dinamiese en innoverende student te lewer wat by die veranderings in die dinamiese Suider-Afrikaanse kommunikasiebedryf kan aanpas. Klem word op kreatiewe en kritiese denke geplaas. Die programme leer studente om die jongste tegnologie en sagtewarepakkette te gebruik wat op die verskillende gebiede beskikbaar is, asook die vaardighede om kommunikasieprojekte krities te benader.

 

Kwalifikasies