Kunsgeskiedenis

Wat is Kunsgeskiedenis?

Kunsgeskiedenis en lewer ’n belangrike bydrae tot die ontwikkeling van insig in die visuele kunste, wat uit verskillende historiese en geografiese kontekste kom en dit weerspieël. Dit gee aan studente ’n dieper begrip van die komplekse, veranderende verhoudings tussen kulturele uitdrukking en sosiopolitieke dinamiek. Die doel van Kunsgeskiedenis en is om vermoëns soos kritiese denke, navorsingsvaardighede, ’n openheid vir alternatiewe standpunte, en goed berekende oordeelsvermoë oor die wêreld van visuele kuns en kultuur te ontwikkel. Studente vind baat by die studie van visuele beelde en kultuurerfenis regoor ’n breë spektrum omdat dit hulle stimuleer en die kreatiewe verbeelding verryk. Kunsgeskiedenis is voorts daarop gemik om visuele en akademiese geletterdheid te ontwikkel. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om visuele beelde op ’n kritiese en selfreflektiewe wyse te lees en te ontleed, om dit in die breër sosiopolitieke konteks te verstaan, en om hierdie insigte op ’n akademies-gegronde wyse uit te druk.

Die kwalifikasie in Kunsgeskiedenis en sluit nie tans ’n voorgraadse graadprogram in nie, maar die vak kan as deel van die BA Geesteswetenskappe-aanbieding as hoofvak, keusevak of ekstra module geneem word. Studente wat in die volgende gebiede studeer sal daarby baat om Kunsgeskiedenis en Visuele Studie as hoof- of keusemodule te neem: tale, geskiedenis, filosofie, antropologie, sosiologie, kreatiewe skryfwerk, politieke studie, kommunikasie en verwante gebiede.   Hierdie module word in Potchefstroom aangebied. Daar is geen voorvereistes vir die neem van Kunsgeskiedenis as eerstejaarsvak nie, en geen voorafkennis van kuns of visuele kultuur is nodig nie.

Loopbaanmoontlikhede

As kunshistorikus kan jy by ’n universiteit, ’n galery, ’n kunstenaar se ateljee of ’n soortgelyke produksieplek werk; ook as ’n kurator en/of konsultant vir ’n maatskappy se kunsversameling, of in verskeie ander posisies en plekke. Kunshistorici reis dikwels baie – daar is al gesê dat die beste verskoning om die huis te verlaat, is om die wêreld se kuns en materiële kultuur te sien. Met opleiding as kunshistorikus is jy buigsaam, aanpasbaar en in staat om in talle verskillende kontekste te werk. Voorbeelde van loopbane wat spruit uit die studie van kunsgeskiedenis sluit in dat jy ’n kunskritikus, kunsjoernalis, galery-eienaar, kurator, kunskonsultant, kunshandelaar, bestuurder van kunstenaars se loopbane, onderwyser, toerismespesialis, navorser, kunsblogger, kunstefeesbeampte, uitgewer, skepper van webinhoud, kunsversamelaar, ateljeebestuurder en galerybestuurder kan word.

Nagraadse Programme vir Kunsgeskiedenis

Voorgraadse kursusse in Kunsgeskiedenis is deel van die basiese studie wat vir nagraadse grade op hierdie gebied nodig is. Ons nagraadse navorsingsprogramme is deel van die navorsingsnis Visuele Narratiewe en Skeppende Uitsette deur Interdissiplinêre en Praktykgerigte Navorsing (Visual Narratives and Creative Outputs through Interdisciplinary and Practice-Led Research (ViNCO). Die navorsingsnis ViNCO dra by tot die huidige diskoers oor Suid-Afrikaanse en Afrika- visuele narratiewe en die geskiedenis en visies wat dit vorm.

Honneursgraad in Kunsgeskiedenis (slegs PK)

Meestersgraad in Kunsgeskiedenis (deur afstandsonderrig aangebied)

Philosophiae Doctor in Visuele en Uitvoerende Kunste met Kunsgeskiedenis (deur afstandsonderrig aangebied)

Toelatingsvereistes

Kontak asseblief die Kunsgeskiedenisspan vir enige navrae wat met die voorgraadse en honneursgraadprogramme verband hou. Vir nagraadse sake, stuur asseblief ’n e-pos aan vinco@nwu.ac.za of besoek die navorsingsnis ViNCO.