Nagraadse programme in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie

Voorgraadse kursusse in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie is deel van die basiese studie wat vir nagraadse grade op hierdie gebied nodig is. Ons nagraadse navorsingsprogramme is deel van die navorsingsnis Visuele Narratiewe en Skeppende Uitsette deur Interdissiplinêre en Praktykgerigte Navorsing (ViNCO). Die navorsingsnis ViNCO dra by tot die huidige diskoers oor Suid-Afrikaanse en Afrika- visuele narratiewe en die geskiedenis en visies wat dit vorm.

[Accordion Collapsed]

Honneursgraad in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie (in Potchefstroom aangebied)

Nadat studente ’n baccalaureusgraad voltooi het en drie jaar se Kunsgeskiedenis en Visuele Studie-modules geneem het, kan hulle aansoek doen vir toelating tot ’n honneursgraad wat by Potchefstroom aangebied word. Om vir die honneursgraadprogram oorweeg te word, moes ’n student sekere voorgraadse modules in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie voltooi het en ’n gemiddelde van meer as 60% vir hulle derdejaarsmodules behaal het.

Die honneursgraad in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie bestaan uit verskillende vakke. Studente moet twee verpligte modules voltooi: Kuns en die Samelewing (KSGS684, Navorsingsverslag-module), Filosofie, Teorie en Metodologie van Kuns (KSGS685), en drie van die volgende keusemodules: Filmstudies (KSGS676), Temas in Eietydse Visuele Kultuur (KSGS682); Kuns en Visuele Kultuur: Teorie en Praktyk (KSGS683), en Visuele en Populêre Kultuur-teorie (KSGS686). Studente kan ook een van hierdie modules vir ’n capita selecta-module van sekere honneursgraadprogramme in die geesteswetenskappe uitruil. So ’n module moet ’n honneursgraadmodule wees van ’n vak wat die student as ’n hoofvak op derdejaarsvlak geslaag het, en toestemming moet deur die vakleier van die bepaalde honneursgraadmodule gegee word, asook deur die programleier van die honneursgraad in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie.

Magister Artium in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie (deur afstandsonderrig aangebied)

Die Magister Artium in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie is ’n twee- tot driejaar- deeltydse of voltydse program wat uitloop op die indiening, assessering en aanvaarding van ’n verhandeling. Studente ontvang die geleentheid om onder leiding van ’n studieleier onafhanklike navorsing oor ’n bepaalde vakgebied te doen. Die tema van die verhandeling word op individuele belangstelling op die gebied van Kunsgeskiedenis en Visuele Studie en op die kundigheid van die studieleier gebaseer. Daarbenewens word die onderwerp van die verhandeling gegrond op ’n lewendige belangstelling om iets tot die visie en navorsingsdoelwitte van die navorsingsnis van ViNCO by te dra.

Om toelating tot hierdie meestersgraad te kry, geld die volgende toelatingsvereistes, benewens die vereistes wat in Algemene Reël A.5.2 van die Universiteit uiteengesit word: ’n student moes ’n honneursgraad in die toepaslike studiegebied met ’n minimum gemiddelde van 65% verwerf het. Alternatiewelik moet aansoekers die status van so ’n kwalifikasie hê wat op versoek deur die Senaat toegestaan word deur ’n vlak van bevoegdheid te verwerf wat, na die mening van die Senaat, en op aanbeveling van die fakulteit, voldoende is vir die doeleindes van toelating as kandidaat vir die graad. ’n Aansoeker vir registrasie moet bewys lewer van hulle prestasies en onderrig en sodanige voorbereidingswerk voltooi soos wat die Senaat mag vereis, en moet die Senaat met betrekking tot die geskiktheid die vak van hulle keuse tevrede stel. ’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien ’n vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is.

 

Philosophiae Doctor in Visuele en Uitvoerende Kunste met Kunsgeskiedenis en Visuele Studie (deur afstandsonderrig aangebied)

Die PhD in Visuele en Uitvoerende Kunste met Kunsgeskiedenis en Visuele Studie streef daarna om opleiding vir ’n akademiese loopbaan op die gebied van visuele en uitvoerende kunste te verskaf. Dit vereis van ’n kandidaat om navorsing op die heel gevorderdste akademiese vlakke uit te voer wat uitloop op die indiening, assessering en aanvaarding van ’n proefskrif. ’n Kandidaat mag ook eweknie-beoordeelde akademiese artikels en referate ter gedeeltelike nakoming van die navorsingsvereistes voorlê.  Kandidate sal deur die Philosophiae Doctor in Visuele en Uitvoerende Kunste met Kunsgeskiedenis en Visuele Studie die geleentheid ontvang om onafhanklike navorsing en gevorderde studie te onderneem wat deur die visie en doelwitte van die navorsingsnis ViNCO onderskryf word. Die proefskrif moet deur oorspronklike navorsing en onder leiding van ’n studieleier in ’n bepaalde vakgebied ’n beduidende bydrae tot die nasionale en internasionale bevordering van kennis en begrip op die gebied van die visuele en uitvoerende kunste lewer.

 

Benewens die vereistes wat in Algemene Reël A.5.2 van die Universiteit uiteengesit word, geld die volgende toelatingsvereistes: ’n kandidaat moes ’n meestersgraad in Kunsgeskiedenis en Visuele Studie of ’n gelykwaardige kwalifikasie met ’n gemiddelde punt van 65% verwerf het. Aanvaarding van kandidate vir die PhD is onderhewig aan (i) die beskikbaarheid van kundigheid op die gebied, en (ii) die kapasiteit van personeel om die studie te lei. Die nagraadse komitee kan, indien nodig, versoek dat die kandidaat ’n akademiese opstel skryf om toelating te verseker.

[/accordion]