Nagraadse studies

Agtergrond

Ons nagraadse navorsingsprogram is deel van die Maatskaplike Transformasie Fokusarea en die fokus is op kommunikasie in veranderende kontekste. Dit impliseer dat ons in die temas van nagraadse studies daarop fokus om kommunikasie-uitdagings te hanteer wat voortspruit uit veranderings wat in die Suid-Afrikaanse konteks na vore kom.
 
Die doel van gefokusde navorsing is om studieleiding van gehalte te verseker. Deur die omvang van navorsingsonderwerpe te beperk, verseker ons kundigheid en studieleiding van gehalte in die gekose studiegebied.

Moontlike temas

Ons onderskei breedweg tussen studies in Joernalistiek en Mediastudies, Korporatiewe Kommunikasie en Ontwikkelingskommunikasie. Onderwerpe kan egter soms meer met meer as een studiegebied verband hou.
Studieleiding fokus tans op die volgende temas:
 
  • Handelsmerkgewing en reputasiebestuur (Korporatiewe Kommunikasie)
  • Gemeenskapsmedia (Joernalistiek, Ontwikkelingskommunikasie)
  • Kommunikasie vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (Korporatiewe Kommunikasie, Ontwikkelingskommunikasie)
  • Verkiesingskommunikasie (Ontwikkelingskommunikasie, Mediastudies)
  • Bemarkingsbestuur en bemarkingskommunikasie (Korporatiewe Kommunikasie)
  • Mediabestuur (Joernalistiek en Mediastudies, Korporatiewe Kommunikasie)
  • Die aard van kommunikasie in ontwikkelingskontekste (Ontwikkelingskommunikasie)
  • Die aard van kommunikasie in interne en eksterne korporatiewe omgewings (Korporatiewe Kommunikasie)
  • Nuusgehalte (waninligting, nuusgeletterdheid en etiek) (Joernalistiek en Mediastudies)
  • Nuusskepping (nuusproduksie, nuusverspreiding) (Joernalistiek en Mediastudies)
  • Verhoudingsbestuur (Korporatiewe Kommunikasie)
  • Sosiale media (Joernalistiek en Mediastudies, Korporatiewe Kommunikasie, Ontwikkelingskommunikasie)
  • Onderrig en leer (Joernalistiek en Mediastudies)
As jy graag by ons wil studeer, moet die tema van jou tesis binne die breë omvang van bogenoemde gebiede val. Let asseblief daarop dat ons geen kursuswerk het nie. ’n Volledige tesis is die enigste opsie.

Hoe werk die aansoekproses (en wat word van jou verwag)?

  • Doen formeel aansoek om toelating teen die einde van September in die jaar VOORDAT jy beplan om te registreer.
    • Openingsdatum: 1 Sept van elke akademiese jaar. Sluitingsdatum: 30 Sept van elke akademiese jaar.
  • Sluit die volgende in by jou aansoek:
    • Akademiese rekord
    • Curriculum Vitae
    • Kort samevatting van jou voorgestelde studie (sien templaat)
    • ʼn Brief waarin jy motiveer waarom jy vir die MA of PhD-studie wil inskryf
    • Opsioneel: Voorbeelde van akademiese publikasies soos byvoorbeeld ʼn artikel in ʼn vaktydskrif gepubliseer
  • ʼn Mentor is nog nie die aangestelde supervisor/studieleier nie, aangesien jy nog nie geregistreer het nie – die mentor word slegs aangestel om duidelikheid aangaande jou onderwerp van belang te voorsien.
  • Begin lees ter voorbereiding vir die Januarie-werkswinkel vir die volgende jaar. Die werkswinkel fokus op dít wat jy van nagraadse studie en die skryf van jou navorsingsvoorlegging kan verwag. Jou mentor sal jou in die proses lei.
  • Jy moet dan jou navorsingsvoorstel suksesvol gedurende die Maart kollokwium van die volgende jaar aan ʼn uitgekose paneel voorlê om finaal tot die program toegelaat te word.
  • Sodra jou navorsigsvoorlegging goedgekeur is:
    • Sal jou studieleier bevestig word
    • Jy sal dan toegelaat word om voor of op 31 Maart te registreer
  • Jy kan dan begin om jou voorlegging te finaliseer.

Let wel: Jou navorsingsvoorlegging (titelregistrasie), moet binne ses maande van registrasie voltooi wees.

Sien die aansoekproses hier

Vereistes vir meestersgraadstudies

 
Benewens Algemene Reël A.4.2 van die Universiteit, geld die volgende ook:
 
  1. Om toelating tot hierdie meestersgraad te kry, moet ’n student ’n honneursgraad in die toepaslike studiegebied met ’n minimum gemiddeld van 65% verwerf het. Alternatiewelik moet aansoekers die status van so ’n kwalifikasie hê wat op versoek deur die Senaat toegestaan word deur ’n vlak van bevoegdheid te verwerf wat, na die mening van die Senaat, en op aanbeveling van die fakulteit, voldoende is vir die doeleindes van toelating as kandidaat vir die graad.  ’n Aansoeker vir registrasie moet bewys lewer van hulle prestasies en onderrig en sodanige voorbereidingswerk voltooi soos wat die Senaat mag vereis, en moet die Senaat tevrede stel met betrekking tot die geskiktheid die vak van hulle keuse. ’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien ’n vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is.
  2. Toelating tot die program L801P/M hang af van die keuringsproses wat vir Oktober die vorige jaar geskeduleer is. Inligting met betrekking tot hierdie proses kan van die direkteur van die Maatskaplike Transformasie Navorsingsfokusarea verkry word.
  3. Toelating word beperk volgens die kapasiteit wat in die Skool vir Kommunikasiestudies beskikbaar is.
  4. Sou daar nog plek beskikbaar wees in die program, en ’n aansoeker voldoen nie aan die vereiste van 65% nie, maar het die graad met ’n gemiddelde van 60 tot 64% verwerf, kan ’n aansoek vir toelating tot hierdie program vir oorweging aan die betrokke skool-/navorsingsdirekteur voorgelê word. Die aansoek moet ’n volledige akademiese rekord en ’n motivering van een bladsy insluit wat verduidelik waarom die aansoek oorweeg moet word. Skool-/entiteitsdirekteurs van programme wat vol is, sal nie enige aansoeke onder 65% oorweeg nie.

Vereistes vir doktorale studies

Benewens die vereistes wat in Algemene Reël A.5.2 van die Universiteit uiteengesit word, geld die volgende:
 
  1. ’n Student moes ’n meestersgraad met ’n minimum van 65% verwerf het in die studiegebied waarvoor die student wil inskryf. Alternatiewelik moet aansoekers die status van so ’n meestersgraad hê wat op versoek deur die Senaat toegestaan word deur ’n vlak van bevoegdheid te verkry wat, na die mening van die Senaat, en op aanbeveling van die fakulteit, voldoende is vir die doeleindes van toelating as kandidaat vir die graad. ’n Aansoeker vir registrasie moet bewys lewer van hulle kundigheid en onderrig en sodanige voorbereidingswerk voltooi soos wat die Senaat mag vereis, en moet die Senaat tevrede stel met betrekking tot die geskiktheid van die vak van hulle keuse. ’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien ’n vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is.
  2. Toelating is beperk volgens die kapasiteit wat in die Skool vir Kommunikasiestudies beskikbaar is.
  3. Sou daar nog plek beskikbaar wees in die program, en ’n aansoeker voldoen nie aan die vereiste van 65% nie, maar het die graad met ’n gemiddelde van 60 tot 64% verwerf, kan ’n aansoek vir toelating tot hierdie program vir oorweging aan die betrokke skool-/navorsingsdirekteur voorgelê word. Die aansoek moet ’n volledige akademiese rekord en ’n motivering van een bladsy insluit wat verduidelik waarom die aansoek oorweeg moet word. Skool-/entiteitsdirekteurs van programme wat vol is, sal nie enige aansoeke onder 65% oorweeg nie.

Wat moet by my aansoek ingesluit word?

  • Akademiese rekord
  • Curriculum vitae
  • Kort uiteensetting van jou voorgenome studie  (sien templaat)
  • ’n Brief wat motiveer waarom jy vir MA-studies wil inskryf
  • Voorbeelde van akademiese skryfwerk (indien moontlik)
 
Indien jy nog vrae het, rig dit asseblief via e-pos aan:
Dr Quatro Mgogo (Navorsingsprogramleier: Mahikengkampus): Quatro.Mgogo@nwu.ac.za
Dr Anette Degenaar (Navorsingsprogramleier: Mahikengkampus): anette.degenaar@nwu.ac.za