Tuis

 
Filosofie is die studie van grondliggende probleme oor kennis, waarheid, waardes, bestaan, werklikheid, denke, rede en die sin van die lewe. Die term filosofie beteken letterlik liefde (philia) van wysheid (sophia). Diegene wat ʼn beter begrip wil kry van die lewe, die wêreld waarbinne ons leef, ons verhoudinge met ander mense en oor hoe ons ons lewens behoort te leef, kan ʼn BA in Geesteswetenskappe en/of ʼn Baccalaureus in Filosofie (BPhil) doen. Hierdie programme is ontwerp om hierdie fundamentele vrae op ʼn sistematiese en akademiese wyse te benader, hulle stimuleer en verbeter analitiese en kritiese denke, daag mense se denkwyse uit oor die wêreld en oor hulself, en ontwikkel kreatiewe denke en ʼn onbevooroordeelde ingesteldheid.
 
Filosofie is een van die kernvakke binne die Fakulteit Geesteswetenskappe. Dit vra vrae wat geen ander vak vra nie en het ʼn unieke fokus op mense en hul bestaan. As ʼn vak is dit geleë tussen die twee groot ander aanbiedinge binne die NWU se Fakulteit Geesteswetenskappe, naamlik Tale en Sosiale Wetenskappe. Dit dra by tot kritiese en kreatiewe denke, wat die begrip en funksionering van ander programme en vakke binne die fakulteit verbeter – soos Kommunikasiestudies, Owerheidstudies, en ander.
 
Die Skool vir Filosofie is verantwoordelik vir die voor- en nagraadse programme in filosofie, en vir die ontwikkeling en aanbieding van alle ‘Verstaan die Wêreld’-modules binne die fakulteit. Hierdie modules word op alle kampusse aangebied en is verpligtend vir alle tweede- en derdejaarstudente. Die Skool vir Filosofie bied ook ʼn kortkursus aan vir die verwerwing van ʼn Sertifikaat in Filosofie.
 
 

Kwalifikasies

 

Media

Decolonising of mathematical sciences

Radio-onderhoud met Prof Anné Verhoef op Radio Islam (18 February 2020)

What connects Shaka Zulu, decolonisation and mathematical models

Media-artikel deur Prof Anné Verhoef, in samewerking met Prof Hennie Kruger (16 February 2020)

 

Covid-19 stigma: Revealing the pre-existing fault lines in our society

Media-artikel deur Dr Casper Lotter - buitengewone navorser van die Skool vir Filosofie (23 April 2020)

Media-artikel deur Dr Caper Lotter - Mail & Guardian, 6 Augustus 2021

NWU academic talks about happiness

Prof Anné Verhoef of the North-West University (NWU) presented an inaugural lecture titled “Transcendence, Chance and Happiness” on 24 June 2021.


Gebeure

NWU Forum 2021

Intreerede van Prof Anné H. Verhoef  - Transcendence, Chance and Happiness