BA in Geesteswetenskappe

 

Die algemene doel van die kwalifikasie is om drie vakgroepe, naamlik tale, sosiale wetenskappe en filosofie, in een breë geesteswetenskappe-program te kombineer. Hierdie kombinasie maak voorsiening vir ’n wye keuse van vakke in die geesteswetenskappe, maar al die vakke hou steeds met mekaar verband. Benewens jou hoofvak moet jy ook ’n taalmodule, ’n module in sosiale wetenskappe, en ’n filosofiemodule in jou eerste jaar neem (dit is op beide die eerste en tweede semester van toepassing).   Let asseblief daarop dat jou keuses vir tweedejaarmodules deur die keuses van jou eerstejaarmodules bepaal word (dit wil sê modules volg vanaf die eerste na die tweede jaar, en vanaf die tweede na die derde jaar). Jy moet dus kontinuïteit tussen semesters en jaarvlakke vir spesifieke modules verseker. 

 

Keuse van hoofvakke

Jy moet in die eerste jaar 1) ’n taalmodule, 2) ’n module in sosiale wetenskappe en 3) ’n filosofiemodule neem, en in die derde jaar moet jou twee hoofvakke ’n kombinasie wees van twee van hierdie drie dissiplines, byvoorbeeld Afrikaans en Nederlands en Filosofie, of Filosofie en Frans. Die moontlike hoofvakke in hierdie BA-graad in Geesteswetenskappe sluit in:
 
  • Afrikaans en Nederlands (PK en VK)
  • Engels (PK en VK)
  • Frans (PK, VK)
  • Geografie (PK, VK)
  • Duits (PK)
  • Geskiedenis (PK, VK)
  • Kunsgeskiedenis (PK)
  • Latyn (PK)
  • Filosofie (PK, VK)
  • Politiek (PK, VK)
  • Sielkunde (PK, VK)
  • Suid-Sotho (VK)
  • Tswana (PK)
  • Sosiale Antropologie (PK)
  • Sosiologie (PK, VK)

Sien die jaarboek vir verdere inligting.

Graadmoontlikhede

Baccalaureus Artium in Geesteswetenskappe

  • Hierdie is 'n voltydse driejaarkursus
  • Aangebied op die Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampusse (PK en VK)

Toelatingsvereistes

APS-telling van 24 (Bereken jou APS-telling hier).

Loopbaanmoontlikhede

  • Taalkunde
  • Die regte
  • Opvoedkunde
  • Joernalistiek
  • Politieke studie
  • Sielkunde
  • Personeelbestuur
  • Ekonomie
  • Omgewingstudie
  • Rekenaarwetenskap