Gereelde vrae van studente

Gereelde vrae van studente

Ek het die TAG / Akademiese Geletterdheidsmodule reeds elders voltooi; wat nou?

Jy kan ’n bewys hiervan tesame met ʼn studenteversoek by SAPT se administratiewe kantoor inhandig, waarna die versoek oorweeg sal word.

Moet ek lees in die eerste semester voltooi as ek vir ALDA 111 geregistreer is?

Besoek die Leeslab in K21, gebou E8 so gou as wat jou registrasie afgehandel is om uit te vind in watter semester jy moet lees.

Kontak die Leeslab by 018 299 2901/jeanette.deswardt@nwu.ac.za vir meer inligting in die verband.

Mag ek RINL in die eerste semester voltooi as ek eers ALDA/E 122 in die tweede semester het?

Ja jy mag. Vir enige navrae oor RINL besoek Kamer 315 in die Ferdinand Postma Biblioteek of kontak 018 299 4144/ Jeanne.Maree@nwu.ac.za

Kan ek ALDA 122 voltooi as ek nie ALDA 111 geslaag het nie?

Nee, jy kan nie, aangesien ALDA 111 'n voorvereiste vir ALDA 122 is.

Wanneer kan ek ’n ALDA-module staak?

Die laaste datum waarop ’n ALDA-module gestaak kan word, is die dag voor die NWU se eksamens amptelik in aanvang neem.

Wanneer word my deelnamepunt bekend gemaak?

Deelnamepunte word ongeveer drie dae voor die eksamen beskikbaar gestel.

Vir meer inligting 

Direkte navrae kan gerig word aan:

Me. Karien Seymore 
Senior Administratiewe Assistent
Tel: +27 18 299 1045 / +27 18 285 2612
Gebou: F4-108A