Filosofie

Philosophy

Filosofie word dikwels beskou as die uiteindelike oordraagbare werkvaardigheid. Met die klem op die rede, kritiese denke en argumentering, bied filosofie ʼn uitstekende raamwerk vir ʼn loopbaan in skryfkuns, regte, godsdiens, maatskaplike werk, internasionale diplomasie, besigheid en nagraadse onderwys. Die vaardighede wat ʼn mens in filosofie bekom, sluit in die vermoë om op oorredende wyse te skryf en te praat, maar ook bekwaamhede in kritiese denke, effektiewe redenering en vernuwende bevraagtekening. Hierdie vaardighede bied ʼn sterk grondslag vir toetrede tot die arbeidsmark en is veral voordelig in loopbane wat gekompliseerde probleemoplossing, begrip van die koppelings tussen probleme/stelle inligting, en die vermoë om inligting vanuit verskeie hoeke te assesseer, vereis.

ʼn Nagraadse kwalifikasie in Filosofie verskaf vir studente die geleentheid om enige aantal rigtings van ondersoek na te jaag en sal studente toerus met oordraagbare vaardighede, soos kritiese denke, kreatiewe probleemoplossingsvaardighede, en verbeterde skryf- en kommunikasievermoëns. Ons kwalifikasies is nie bloot gerig op studente nie, maar ook professionele persone wat moontlik nie gedurende hulle universiteitsopleiding die geleentheid gehad het om op filosofiese kwessies te reflekteer nie. Ons bied ʼn meestersgraad deur middel van verhandeling asook ʼn meestersgraad deur kursuswerk aan, waarvan laasgenoemde perfek is vir professionele persone. Ons bied ook ʼn doktorale graad deur middel van verhandeling.

 

Moontlike temas

In die meestersgraad deur kursuswerk word temas soos Nietzche, Ricouer, Wetenskap en Tegnologie, en Kubernetiek en Algoritmes verken. Hierdie temas verander nou en dan, en die beste sal wees om die Skool vir Filosofie te kontak om die kurrikulum te bekom. Vir ʼn Magister en PhD deur verhandeling, kan voorsiening vir ʼn veelvoud van filosofiese temas gemaak word. Die Skool het personeel met spesialisasie in velde soos onder andere Kontinentale Filosofie, Omgewingsfilosofie, Afrika-Filosofie, Filosofie van Tegnologie, Fenomenologie, Eksistensialisme en Etiek, en vele meer. Indien jy enige spesifieke onderwerp in gedagte het, moet asseblief nie huiwer om die Skool vir Filosofie te kontak nie; ons sal ons bes probeer om jou te akkommodeer.

Indien jy belangstel om aansoek te doen vir Magister of PhD-programme aan die Noordwes-Universiteit (NWU), volg hier ʼn stapsgewyse gids om jou deur die aansoekproses te help:

Onthou om die spesifieke vereistes vir die Magister of PhD-program waarin jy belangstel, te kontroleer, aangesien hulle mag verskil. Dit is noodsaaklik om ʼn goed voorbereide aansoek in te dien, insluitend ʼn kort voorstel, om jou kanse vir toelating tot die NWU te verbeter.

 

Indien jy meer vrae het, kan jy hulle rig aan:

Filosofie (navorsingsprogramleier: Potchefstroomkampus) via e-pos
Prof. Chantelle Gray