Nagraadse Studies

Postgrad Studies

As ʼn voorgraadse student was jy deel van ʼn “Skool” gewees, maar as nagraadse student sal jy binne ʼn navorsingsentiteit gesetel wees. Die Fokusarea: Sosiale Transformasie is met vier Skole geaffilieer.

  1. Skool vir Kommunikasie
  2. Skool vir Regeringstudies
  3. Skool vir Filosofie
  4. Skool vir Sosiale Wetenskappe

Die Navorsingsfokusarea: Sosiale Transformasie omsluit die velde van openbare bestuur, politieke studies, geskiedenis, sosiologie, sosiale antropologie, filosofie, en kommunikasie, waardeur dit dien as ʼn neksus waar uiteenlopende dissiplinêre bane van sosiale wetenskappe saamstroom.

ʼn Toegewyde span van meer as 60 navorsers dra by tot die hoë vlak van navorsingsuitset wat deur Sosiale Transformasie gegenereer word. Baie van hierdie navorsers gee ook klas op voorgraadse en nagraadse vlak, en bied professionele opleidingsessies. Nagraadse ondersteuning word verskaf aan daardie studente wat hulle nagraadse studies volg deur enige van die betrokke en/of bydraende skole en entiteite.

  • Kommunikasie
  • Publieke Administrasie en Regeerkunde
  • Filosofie
  • Sosiologie
  • Geskiedenis