Politieke Studies

Political Studies

Nagraadse studie in Politieke Studies ontwikkel gevorderde kundigheid oor ʼn spesifieke tema, asook gevorderde navorsingsontledings- en skryfvaardighede. Kommunikasie is ʼn belangrike deel van enige werksomgewing en leer, en sal dus ʼn bate sal wees waar jy ook al kies om te werk.

Studente met meesters- en doktorale grade in politieke studies werk tipies in die privaat, openbare, en niewinsgewende sektore. Die volgende omvat bloot ʼn klein seleksie van keuses. Banke en beleggingskonsultasiedienste neem gegradueerdes in diens as navorsers en adviseurs, soms geëtiketteerde politieke ekonome. Jy kan ook ʼn konsultant word (navorser te huur), gewoonlik met ʼn gegewe veld van kundigheid. “Dink-tenks”, oftewel beleidsinstitute, neem ook gegradueerdes in Politieke Studies in diens. Hierdie is privaat befondsde navorsings- en advokatuur-organisasies, dikwels met ʼn spesifieke fokus. Die niewinsgewende sektor verwys na nieregerings- en internasionale organisasies wat werk in gevalle van rampverligting; hulle ontwikkel en produseer soms hulle eie navorsingsverslae oor sake waaraan, en areas waarin hulle werk. Hierdie organisasies bied internskappe, terwyl jy ook aanvanklik as ʼn programbeampte in diens geneem kan word. Gegradueerdes in Politieke Studies vind ook dikwels werk in die politiek of as lid van die staatsburokrasie. 

 

Moontlike temas

Die teorie van demokrasie, alternatiewe vorms van demokrasie, plaaslike demokrasie, konsolidasie van demokrasie; Suid-Afrikaanse demokrasie; politieke instellings; vergelykende politiek.

Sekerheidstudies sluit breedweg gedefinieer kruispunte met ontwikkeling, politieke ekonomie, stedelike politiek en vredesnavorsing in; asook misdaad en misdaaddiskoers; rampstudies en politieke ekologie; teoretisering en selfkritiek binne Sekerheidstudies, in die besonder die subveld van Kritiese Sekerheidstudies; Imperialisme en Globale rangordes; Politieke ideologie en -filosofie; ANC, SAKP ens.; Politieke ekonomie (veral neomerkantilisme en neorealisme); Politieke risikoteorie.

Indien jy belangstel om aansoek te doen vir Magister of PhD-programme aan die Noordwes-Universiteit (NWU), volg hier ʼn stapsgewyse gids om jou deur die aansoekproses te help:

Onthou om die spesifieke vereistes vir die Magister of PhD-program waarin jy belangstel, te kontroleer, aangesien hulle mag verskil. Dit is noodsaaklik om ʼn goed voorbereide aansoek in te dien, insluitend ʼn kort voorstel, om jou kanse vir toelating tot die NWU te verbeter.

 

Indien jy meer vrae het, kan jy hulle rig aan:

Politieke Studies (navorsingsprogramleier: Potchefstroomkampus) via e-pos
Prof Gideon van Riet
Politieke Studies (navorsingsprogramleier: Vanderbijlparkkampus) via e-pos
Mnr Sysman Motloung
Sekerheidstudies (navorsingsprogramleier: Potchefstroomkampus) via e-pos
Prof Barend Prinsloo