Regerings speel ʼn kernrol in die volhoubare groei, algemene welstand en voorspoed van lande. Dit is ʼn goed gevestigde feit dat die vlak van geslaagdheid van regerings positief in ooreenstemming is met die groei en ontwikkelingsbaan van state. Die effektiewe bestuur van openbare instellings is daarom noodsaaklik om die gesamentlike hoedanighede en vaardighede van die regering te benut om ʼn breë reeks dienste (d.i. onderwys, gesondheid, vervoer, polisiëring, en telekommunikasie) aan burgers te lewer.
Bestuurs- en regeringsinstellings lei tot die doeltreffende en ekonomiese lewering van noodsaaklike dienste aan burgers, wat hulle lewenstandaard kan verbeter en bydra tot die algemene voorspoed van die samelewing. Deur hulle optrede, houding en gedrag bevorder openbare bestuurders ook oor die algemeen deursigtigheid, aanspreeklikheid, en die regstaat, wat noodsaaklik is vir die skepping van ʼn gunstige klimaat vir politieke stabiliteit, ekonomiese groei, en maatskaplike ontwikkeling. Andersyds kan swak openbare bestuur lei tot verbreking van openbare vertroue, staatskaping, swak dienste, wanpraktyk en vermorsing van hulpbronne, daarom is effektiewe bestuur van regeringsinstellings deurslaggewend om doeltreffendheid, effektiwiteit en produktiwiteit te bevorder, gerig op ʼn beter toekoms vir almal.
Sedert die 1800’s het Publieke Administrasie as ʼn studieveld ʼn reeks paradigmaskuiwe en veranderinge in sy benadering en fokus ondergaan. Aanvanklik is hierdie veld van kundigheid primêr toegespits op die tradisionele polities-administratiewe tweeledigheid, waar politici verantwoordelik was vir beleidsformulering, terwyl administrateurs verantwoordelik was vir die implementering van die beleide. Hierdie model is as grondslag vir die wetenskaplike bestuursbeweging, toegespits op verhoging van die doeltreffendheid en effektiwiteit van regeringswerksaamhede. Die Nuwe Openbare Bestuursbenadering (NPB) is ʼn bestuurstrategie wat ten doel het om openbare dienslewering te verbeter deur die bekendstelling van markgeoriënteerde en privaatsektor-hervormings aan die openbare sektor. NPB het gelei tot die Nuwe Openbare Diensparadigma van regering. Laasgenoemde verwys na ʼn moderne benadering tot publieke administrasie wat die verbetering van gehalte van dienste wat vir burgers gebied word, verhoging van aanspreeklikheid en deursigtigheid, en bevordering van burgers se betrokkenheid en deelname beklemtoon. Dit lê nadruk op resultaat-georiënteerde regering, die gebruik van tegnologie, en die behoefte om innovasie en verandering te omarm. Hierdie benadering streef daarna om ʼn meer doeltreffende, reagerende en burgergesentreerde openbare diens te vorm, wat beter uitkomste lewer vir gemeenskappe en individue.
Hierdie paradigmatiese verskuiwings het verder aanleiding gegee tot idees van regering/bestuur wat die dinamiek geassosieer met ʼn netwerk van rolspelers behels (d.i. regering, privaatsektor, nieregeringsorganisasies, internasionale ontwikkelingsagentskappe, gemeenskaps- en geloofsgebaseerde organisasies, donateursagentskappe, ens.) wat betrokke is by ʼn hibriede vorm van beleidsontwerp en -implementering in die samelewing.
Publieke Administrasie (insluitend Bestuur en Regering) is ʼn hoogs dinamiese en ontwikkelende studieveld wat multidissiplinêre perspektiewe laat ineenvloei. Publieke Administrasie, wat ontwikkel uit openbare sake, ekonomie, sosiologie, openbare beleid, en die politieke wetenskappe, het as kundigheidsveld ʼn ontwikkelde korpus van kennis, gerig op die studie van die studie van die gekompliseerde aard van hedendaagse regering. As ʼn praktykgebaseerde veld wat professioneel geraak het, behels dit hoofsaaklik die werking van openbare beleid in die uitvoerende strukture van die openbare sektor.
Moontlike Temas
Openbare bestuurders is individue wat werk in regeringsinstellings, -entiteite en -agentskappe, en is verantwoordelik vir die effektiewe lewering van openbare dienste. Openbare bestuurders is verantwoordelik vir die implementering van beleide en programme, bestuur van hulpbronne, en lewering van openbare dienste in ʼn verskeidenheid omgewings. ʼn Paar van die vernaamste verantwoordelikhede en funksies van openbare bestuurders sluit in:
- Beplanning en beleidsontwikkeling: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir ontwikkeling en implementering van planne en beleide wat in ooreenstemming met regeringsdoelwitte en -mikpunte is.
- Implementering van beleide: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir die uitvoer van beleide en programme wat deur gekose beamptes of hoërvlakadministrateurs ontwikkel is.
- Begroting en hulpbrontoewysing: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir die bestuur van begrotings en toewysing van hulpbronne vir verskeie programme en inisiatiewe.
- Program- en projekbestuur: Openbare bestuurders hou toesig oor die implementering van programme en projekte, om te verseker dat hulle betyds gelewer word; binne die begroting, en volgens die verwagte gehaltestandaarde.
- Dienslewering: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir die versekering dat openbare dienste effektief en doeltreffend gelewer word aan die gemeenskappe wat hulle dien. Hulle is verantwoordelik vir die lewering van ʼn wye reeks openbare dienste, onder meer gesondheidsorg, onderwys, wetstoepassing, en ander noodsaaklike dienste aan die burgers tot wie se diens hulle is.
- Personeeltoesig: Openbare bestuurders hou toesig oor, en lei spanne van regeringswerkers, gee leiding en rigting om die egalige en effektiewe werking van regeringsprogramme en dienste te verseker.
- Belanghebberbetrokkenheid: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir betrokkenheid by belanghebbers, insluitend ander regeringsagentskappe, die privaatsektor en die algemene publiek; om vennootskappe te bou en die effektiewe lewering van openbare dienste te verseker. Openbare bestuurders moet verhoudings met ʼn wye reeks belanghebbers bou en in stand hou, insluitend gekose beamptes, gemeenskapsorganisasies, en die algemene publiek, om te verseker dat daar aan hulle behoeftes voldoen word en dat hulle bekommernisse aandag ontvang.
- Prestasiebestuur: Openbare bestuurders moniteer en evalueer die prestasie van regeringsprogramme en dienste, en maak aanbevelings vir verbetering waar nodig.
- Hulpbronbestuur: Dit sluit in die bestuur van begrotings, personeel en ander hulpbronne, om te verseker dat openbare dienste effektief en doeltreffend gelewer word.
- Programevaluering: Openbare bestuurders is verantwoordelik vir evaluering van die effektiwiteit en doeltreffendheid van programme en dienste en die maak van aanbevelings vir verbetering.
- Proaktiewe en krisisbestuur: Openbare bestuurders behoort strategies te beplan vir die toekoms, en moontlike krisisse vooruit te voorsien. Sou daar krisisse ontstaan, word ʼn beroep nietemin op hulle gedoen om te reageer op noodgevalle, natuurrampe, en ander krisisse, en om die pogings van veelvuldige agentskappe en organisasies te koördineer om ʼn spoedige en effektiewe reaksie te verseker.
Enige studie wat gemoeid is met een of meer van hierdie rolle mag dien as moontlike tema vir nagraadse studie in Publieke Administrasie. Daarby kan temas wat verband hou met die funksionering van enige openbare sektor-instelling (inbegrepe die Publieke Diens wat nasionale en provinsiale departemente, munisipaliteite, agentskappe, en entiteite insluit) dien as moontlike fokus vir vakkundige ondersoek. Daar behoort in gedagte gehou te word dat Publieke Administrasie, as ʼn toegepaste wetenskap, bestem is om die wyse waarop regeringsinstellings funksioneer, te verbeter. Benewens studies gerig op die bou van (gegronde) teorie, is ʼn blote beskrywende studie daarom gewoonlik nie geskik vir nagraadse studies nie. In plaas daarvan, behoort studies gerig te wees op probleemoplossing en deurlopende prosesverbetering in regering.
Betreffende loopbaangeleenthede kan gegradueerdes in publieke bestuursprogramme loopbane in verskeie velde najaag, insluitend niewinsgewende organisasies, asook internasionale organisasies, waar hulle hul vaardighede en kennis kan gebruik om die lewens van mense te verbeter. Nagraadse programme in Publieke Administrasie rus studente toe met ʼn omvattende begrip van gekompliseerde samelewingsbekommernisse, soos armoede, ongelykheid, groener energie, volhoubare ontwikkeling, en omgewingsagteruitgang. Hierdie begrip stel hulle in staat om openbare beleide te formuleer om hierdie kwessies aan te pak en ʼn positiewe uitwerking op die samelewing te hê. Daarbenewens, om regering te bestudeer, kan help met die ontwikkeling van bestuurs- en leierskapvaardighede, en dien as aanmoediging om ʼn lewenslange belangstelling in leer en selfverbetering te ontwikkel.
Indien jy belangstel om aansoek te doen vir Magister of PhD-programme aan die Noordwes-Universiteit (NWU), volg hier ʼn stapsgewyse gids om jou deur die aansoekproses te help:
Onthou om die spesifieke vereistes vir die Magister of PhD-program waarin jy belangstel, te kontroleer, aangesien hulle mag verskil. Dit is noodsaaklik om ʼn goed voorbereide aansoek in te dien, insluitend ʼn kort voorstel, om jou kanse vir toelating tot die NWU te verbeter.
Indien jy meer vrae het, kan jy hulle rig aan:
Publieke Regering/Staatsbestuur en Administrasie (navorsingsprogramleier: Potchefstroomkampus) via e-pos
Prof Luni Vermeulen