Sosiologie

Sociology

Sosiologie verskaf onskatbare insig oor die deurlopende wisselwerking en wederkerige invloed tussen die samelewing se historiese en bestaande sosiale strukture en individuele werking. Dit help ons om menslike gedrag te verstaan en konstruktiewe en destruktiewe patrone in gedrag te identifiseer. Dit verdiep verder die begrip van die verhoudings, waardes en mag wat verhoudings in feitlik elke instelling vorm. Poste wat baat vind by grondige kennis en vaardighede in sosiologie, sluit die volgende in: marknavorsing, projekbestuur, openbare betrekkings, mensehulpbronbestuur, bestuurskonsultasiediens (vereis ook besigheidsopleiding), media-ontleding, onderwys (met toepaslike onderwysopleiding), en joernalistiek (vereis ook joernalistieke opleiding), onder andere. Studente wat belangstel om hulle Magister en Doktorale kwalifikasie in Sosiologie of Bedryfsosiologie te volg, kan kies uit ʼn verskeidenheid onderwerpe.

 

Hierdie kan insluit, maar is nie beperk tot die volgende moontlikhede nie:

  • Gender kwessies in die mynbousektor verbandhoudend met die volgende: uitdagings, attraksie, verbintenis, en behoud/retensie.
  • Die nuwe wêreld van werk: buigsame werkplekpraktyke en die assosiasie met verbintenis, verbondenheid, en leierskap.
  • Navorsing oor gender en seksualiteite met betrekking tot, of in die kontekste van sosiale instellings soos onderwys, media, gesin, en sport. 
  • Geslagsgebaseerde geweld en sosiale media.
  • Geslagsgebaseerde geweld en ruimtes (bv. sosiale media, instellings van hoër onderrig).
  • Manlikheidstudies.
  • Die sosiologie van seksualiteit.
  • Teoretisering rakende gender en seksualiteite:
    • Feminisme.
    • Post-feminisme. 
    • Lesbiese en gay-studies.
    • Queer-teorie.
    • Sosiale konstruksionisme.
    • Jeug, gender, en seksualiteite
  • Politieke sosiologie.
  • Mag.
  • Demokrasie.

Indien jy belangstel om aansoek te doen vir Magister of PhD-programme aan die Noordwes-Universiteit (NWU), volg hier ʼn stapsgewyse gids om jou deur die aansoekproses te help:

Onthou om die spesifieke vereistes vir die Magister of PhD-program waarin jy belangstel, te kontroleer, aangesien hulle mag verskil. Dit is noodsaaklik om ʼn goed voorbereide aansoek in te dien, insluitend ʼn kort voorstel, om jou kanse vir toelating tot die NWU te verbeter.

 

Indien jy meer vrae het, kan jy hulle rig aan:

Sosiologie (navorsingsprogramleier: Potchefstroomkampus) via e-pos
Prof Jacques Rothmann