Maak ’n afspraak

Hoe om ’n afspraak te maak

  1. Registreer vanaf enige rekenaar of mobiele toestel op die NWU-Skryfsentrum se besprekingswebwerf (nwu.mywconline.com). Let asseblief op dat daar geen “www” voor die webwerfadres is nie.
  2. Log in met jou e-posadres en nuutgeskepte wagwoord.
  3. Kies die relevante kampus (bv. Vanderbijlparkkampus).
  4. Wit blokkies is beskikbare sessies. Klik op ’n wit blokkie om ’n sessie te bespreek. Elke sessie sal ’n uur lank duur.
  5. Spesifiseer jou vraag/vrae.
  6. Onthou om jou lêer aan te heg as jy vir die Skryfsentrum toestemming wil gee om jou werk vir navorsingsdoeleindes te gebruik.
  7. Bring ’n harde kopie van jou skryfwerk saam na die konsultasie toe.
  8. Spreek die spesifieke konsultant met wie jy jou afspraak by die Skryfsentrum gemaak het.
  • Die Potchefstroomkampus Skryflaboratorium is in gebou E8, G44 geleë.
  • Die Vanderbijlparkkampus Skryflaboratorium is in gebou 13 (die Biblioteek) geleë.
  • Die Mahikengkampus se Skryflaboratorium is in die Akademiese en Ontwikkelingsentrum (ADC Building), blok A2H, kamer G169 geleë.

Wat moet die student doen om vir die sessie voor te berei?

  • Daag 5 tot 10 minute voor jou afspraak op.
  • Bring jou aantekeninge of ’n konsep van jou skryfwerk saam.
  • Bring die instruksies van jou dosent (byvoorbeeld riglyne en inleweringsdatum) en/of enige ander tersaaklike dokumente saam.
  • Vir langer dokumente, identifiseer bepaalde afdelings wat jy graag saam met die konsultant wil hersien of kom met spesifieke vrae. Jy kan altyd ’n opvolgkonsultasie vir ander dele van die dokument skeduleer.
  • Vir die beste resultate, berei jouself voor om jou skryfwerk met jou konsultant te bespreek.
  • Neem tydens jou konsultasie aantekeninge af.
  • Opvolgkonsultasies word sterk aanbeveel, veral waar langer tekste betrokke is.
  • Kom asseblief jou afspraak na, en as jy dit om een of ander rede nie kan doen nie, kanselleer asseblief jou afspraak ten minste ’n uur of twee voor die tyd (gebruik die besprekingstelsel) of stuur ’n boodskap aan die koördineerder van die Skryfsentrum.

 

Maak ’n afspraak