Dienste

Algemene dienste aan NWU-studente

Ons bied ’n verskeidenheid dienste vir jou gerief aan:

  • Een-tot-een-konsultasiesessies (op die perseel/aanlyn).
  • Asinchroniese konsultasies via kletskamers of e-pos.
  • Groepkonsultasies op die perseel.
  • Werkswinkels (op die perseel/aanlyn).
  • Multimediamateriaal om studente met hulle akademiese skryfvaardighede te help.
  • Gespesialiseerde projekte saam met fakulteite (staande projekte saam met die Fakulteit RegteFakulteit Ingenieurswese Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Fakulteit Geesteswetenskappe).

Om meer inligting te kry oor die dienste wat hierbo gelys is, kontak asseblief vir Lientjie Grundlingh.

LET WEL: Dienste sluit nie die volgende in nie:

  • Proeflees en redigering: konsultante korrigeer nie enige foute of redigeer studente se skryfwerk nie, maar lei hulle eerder om self daardie foute te identifiseer en te korrigeer sodat hulle vaardighede verbeter kan word, eerder as om bloot die foute vir hulle reg te maak.
  • Die doen van plagiaatkontrole of die verskaffing van Turnitin-verslae sonder deeglike konsultasie oor akademiese integriteit.
  • Die maak van aanbevelings met betrekking tot die vakinhoud van die studente se skryfwerk.
  • Die vertaling van tekste (ons kan egter die proses vir studente fasiliteer).
  • Raad oor veelvuldige tekste of besonder lang tekste in een konsultasie (ons stel voor dat opvolgkonsultasies in hierdie gevalle geskeduleer word).
  • Die gebruik van die konsultasie as ’n onderriggeleentheid.

Waarom nie proeflees of redigering nie?

Studente moet eienaarskap van hulle eie skryfwerk aanvaar. Dit is moeilik vir studente om as skrywers te leer en te ontwikkel as hulle werk deur iemand anders geredigeer word. Konsultante kan egter aan studente leiding gee en hulle ondersteun met proeflees- en redigeringstrategieë wat hulle sal help om hulle eie foute te identifiseer en te korrigeer of om hulle eie skryfwerk te verbeter.