BPhil in Filosofie, Politiek en Ekonomie

 

Die doel van die BPhil in Filosofie, Politiek en Ekonomie is om menslike probleme te ondersoek wat met eksistensie, kennis, mag, waardes en ekonomie verband hou.  Hierdie drie aspekte van ons lewens – filosofie, politiek en ekonomie – hou onderling met mekaar verband en moet in verwantskap met mekaar verstaan word. Die kombinasie van hierdie vakke in een graad maak verdere (nagraadse) studies op een van hierdie gebiede moontlik, maar skep veral unieke insigte in hierdie gebiede wat studente help om meer aanspreeklike, ingeligte en kreatiewe oplossings te ontwikkel. 

 

Verpligtende hoofvakke

Filosofie
 
Filosofie sluit verskeie subdissiplines in. Tydens die driejaarkursus sal studente aan vrae en temas oor logika (rasionele denkvaardighede), metafisika (die aard van realiteit), epistemologie (aansprake oor die waarheid en kennis), etiek (norms en moraliteit), ontologie (eksistensie en bestaan), die geskiedenis van filosofie, Afrika-filosofie, teorieë oor geslag en ras, ens. blootgestel word. Gekombineerd het al hierdie vakke verskillende konneksies en oorvleuel met politiek en ekonomie.
 

Ekonomie

Ekonomie as hoofvak in hierdie BPhil-graad rus ’n persoon toe met ’n breë begrip van plaaslike en internasionaal-toepasbare ekonomiese teorie en wetenskap.   Dit is noodsaaklik in ons era van versnellende handels- en inligtingsglobalisasie.   As deel van hierdie graad ondersoek die vak die politieke en morele konteks waarin die ekonomie funksioneer. Dit het ’n unieke fokus op die oorvleueling van ekonomiese, politieke en etiese aspekte van die privaat en openbare sektor.
 
Politiek
 
Filosofie en Politiek het ’n gekombineerde fokus op magsverhoudings in die samelewing. Filosofie ontleed die aard van mag, terwyl Politiek die implementering van mag in die samelewing, regering, ideologieë, internasionale verhoudings, menseregte, ens. ondersoek.  Met Politiek as hoofvak in die FPE-program word studente aan verskillende politieke teorieë, eietydse politieke kwessies, ’n wêreldwye en Suid-Afrikaanse politieke begrip, en verskillende politieke konsepte, idees, filosofieë en beginsels blootgestel.

Kernvakke

Kombinasie van Filosofie, Politiek en Ekonomie.

Sien die jaarboek vir verdere inligting.

Toelatingsvereistes

APS-telling van 26. (Bereken jou APS-telling hier)

Loopbaanmoontlikhede

  • Politiek
  • Staatsdiens
  • Ontleding en ontwikkeling van openbare beleid
  • Bemarking en verkope
  • Joernalistiek
  • Die sakesektor
  • Die regsberoep