BA in Munisipale Bestuur en Leierskap

Hierdie BA-graad verskaf ’n unieke kurrikulum met spesialisasie in Munisipale Bestuur en Leierskap. Die doel van die program is om ’n balans te verseker tussen die verkryging van werkplekvaardighede en die oordrag van vakkennis. Dit maak voorsiening vir ’n leerpad vir verkose en aangestelde munisipale amptenare en wil die kapasiteitsbeperkings in ons munisipaliteite verlig. Hierdie program bevorder ook professionele ontwikkeling en maak voorsiening vir akademiese artikulasie en verplaasbaarheid.

Kernvakke

  • Publieke Administrasie
  • Politieke Studie
  • Sosiologie
  • Geskiedenis

Toelatingsvereistes

  • TPT van 25
  • Taalvlak 4 (50–60%)
  • Let asseblief daarop dat om vir hierdie graad aansoek te doen, jy ’n minimum van twee jaar werkservaring in die openbare sektor moet hê, verkieslik in die sfeer van plaaslike regering. Hierdie kurrikulum word deeltyds aangebied. Verpligte kontakgeleenthede word slegs op die Potchefstroomkampus aangebied.

Gaan na die TPT-sakrekenaar.

Loopbaangeleenthede

  • Staatsadministrateur (middel-, senior bestuur)
  • Staatsamptenaar
  • Politieke ontleder
  • Staatsadministrasiekonsultant
  • Diensleweringspesialis
  • Projek-/regulatoriese/verkrygingsadministrateur

Nagraadse Studies

Nagraadse Diploma in Openbare Bestuur of die honneursgraad in Publieke Administrasie.