BA in Sosiale Wetenskappe

Die Baccalaureus Artium in Sosiale Wetenskappe-programme kombineer dissiplines en kursusse om aan die student ’n bepaalde kennis- en vaardigheidsbasis te verskaf. Hierdie graad in Sosiale Wetenskappe maak ’n aantreklike reeks loopbaanopsies moontlik. Gesofistikeerde kommunikasievaardighede, omvattende navorsingsvaardighede, helder analitiese denke en aanpasbaarheid is die eienskappe waarna jy kan uitsien nadat jy die Baccalaureus Artium in Sosiale Wetenskappe voltooi het.

Graadopsies

Jy kan ook jou hoofvak in een van die volgende opsies kies:

Internasionale Betrekkinge 

Internasionale betrekkinge behels die studie en praktyk van interaksie op internasionale gebied. Dit fokus daarop om gebiede soos die ekonomie, geskiedenis, en politieke wetenskap te laat saamvloei om onderwerpe soos menseregte, wêreldwye armoede, die omgewing, ekonomie, globalisasie, sekuriteit, globale etiek en die politieke omgewing te verken.

Politieke Wetenskap 

Hierdie vak stel studente in staat om die aard en eienskappe van politieke dinamiek, politieke rolspelers (byvoorbeeld politieke partye en belangegroepe) en prosesse (byvoorbeeld politieke kommunikasie en openbare menings) te ontleed en te beskryf, en om die fundamentele teorieë hiervan toe te pas.

 

Al die bogenoemde grade is driejaarkursusse en word voltyds slegs by ons Mahikengkampus aangebied.

Kernvakke

  • Ekonomie
  • Handelstudie, ‑praktyk en ‑ontleding
  • Publieke Administrasie
  • Politieke Wetenskap

Toelatingsvereistes

  • TPT van 25

Klik asseblief hier om na die TPT-berekenaar te gaan.

Loopbaangeleenthede

Verskeie geleenthede sluit posisies in soos:

  • Navorser
  • Diplomaat
  • Agent by die Afrika-Unie of Verenigde Nasies
  • Politieke joernalis
  • Politieke raadgewer en analis