Verwelkomingsboodskap

Welkom by ‘n plek van besinning.

Welkom by die Skool vir Filosofie, wat op die Potchefstroom-kampus graag ‘n “plek van besinning” wil wees.

Onlangs het ‘n voornemende student ‘n klompie belangrike vrae oor die Filosofie en Etiek gevra en die Skool vir Filosofie het geantwoord. Hierdie is waarskynlik vrae waarop ander studente ook antwoorde wil hê, dus herhaal ek dit graag.

Die eerste vraag wat die student gevra het is: “Wat behels Filosofie en Etiek?” Skool vir Filosofie se antwoord: “Filosofie probeer ‘n omvattende prentjie van die werklikheid kry sodat ‘n mens kan sien waar "alles" inpas. Filosofie vra ook wat onder die oppervlak aangaan, probeer raaksien hoe die ysberg lyk wat onder die water lê. Filosofie probeer dus om sin te maak van die wêreld en die lewe rondom ons."

Deur hierdie blik op die wêreld en lewe te verkry, sê die kenners,verbeter hulle proffesionaliteit omdat hulle soveel  "verder" en "dieper" as hul kollegas sien - hulle beskik oor sovel meer gereedskap waarmee hulle die wêreld en die mense rondom hulle kan waarneem.

Die tipiese vrae wat die Filosofie en Etiek vra is die volgende: "Wie is ek?", “Hoe maak ek sin uit alles”, "Lewe ons alleen of kom God ook wel in die prentjie - en hoe?”, “Hoe moet ek my medemens behandel?” (dit is die Etiek). Die del met hierdie denkwyse is om studente uit te daag en hulle die vaardighede te leer om krities te kan dink en te evalueer”.

Filosofie aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit het ‘n trotse tradisie van nadenke vanuit ‘n Christelike perspektief. Voortbouend op hierdie tradisie wil ons dus die gesprek en nadenke oor die verhouding “wêreldbeskouing”, “wetenskap”, “etiek” en die “moderne kultuur” voortsit.