Baccalaureus Artium in Kommunikasie

 

Oorsig

Die doel van hierdie kwalifikasie is om studente in staat te stel om professioneel en met gesag in die verskillende kommunikasie-omgewings op te tree. ’n Voornemende kommunikasiepraktisyn kan in Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie, Ontwikkelingskommunikasie ofJoernalistiek en Mediastudie   spesialiseer. Kommunikasiepraktisyns kan in enige omgewing werk – hetsy met of sonder winsbejag – of vir die kommersiële nuusmedia. Alle soorte organisasies in alle sektore moet met hulle belanghebbers kommunikeer en verhoudings bou om hulle sosiale en ekonomiese doelwitte te bereik. 
 
Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie as spesialisering fokus op die vestiging, opbou en kommunikasie van 'n organisasie se beeld en reputasie. Om dit te bereik, word daar op die volgende elemente gefokus: strategiese kommunikasie en bestuur van belanghebbendes; beeld- en reputasiebestuur; organisasiekultuur; openbare redevoering en mondelinge aanbiedings; projekte; bemarkingsbestuur en geïntegreerde bemarkingskommunikasie.

’n Kommunikasiepraktisyn wat in Ontwikkelingskommunikasie gespesialiseer het, sal kommunikasiestrategieë kan ontwikkel om met of namens nieregeringsorganisasies (insluitende gemeenskappe), die privaat sektor en die regering te kommunikeer met die doel om samelewings vir maatskaplike ontwikkeling te bemagtig en te mobiliseer. Joernaliste kan in die gedrukte media, die uitsaaiwese (radio en televisie) en die digitale media (aanlyn en sosiale media) werk. Hulle kan kies om as ’n skrywer of verslaggewer in diens van ’n nuusorganisasie, of onafhanklik as ’n vryskutjoernalis, te werk.
 
 

Graadopsies

BA in Kommunikasie*
 
*Kommunikasie is ’n driejaarkursus en word voltyds in Mahikeng (MK), Potchefstroom(PK) en Vanderbijlpark (VK) aangebied.
 
BA in Grafiese Ontwerp met Kommunikasie**
BA in Grafiese Ontwerp met Illustrasie**
 
**Grafiese Ontwerp-kursusse is vierjaar- voltydse kursusse en word slegs in Potchefstroom aangebied.
 

Spesialisgebiede

  • Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie
  • Ontwikkelingskommunikasie
  • Joernalistiek en Mediastudies

Kernvakke

Waar dit in hakies geïdentifiseer word, is die vak slegs op ’n spesifieke delivery site beskikbaar: Potchefstroom (PK), Mahikeng (MK) en Vanderbijlpark(VK).

Eerstejaarsvakke 
KCOM111 Inleiding tot Massakommunikasie
KCOM112 Inleiding tot Kommunikasiekontekste
COMS113 Skryfwerk in Verskillende Kontekste
COMS114 Inleiding tot Visuele Kommunikasie
KCOM121 Inleiding tot Joernalistiek
COMS123 Inleiding tot Ontwikkelingskommunikasie
COMS124 Inleiding tot Korporatiewe Kommunikasie
 
Tweedejaarsvakke
KCOM211 Uitgewerswese
COMS212 Identiteit en Diversiteit in Ontwikkelingskommunikasiekontekste
COMS213 Korporatiewe Kommunikasie
COMS214 Sosiale Media
COMS215 Radio-uitsaaiwese 
COMS221 Reputasiebestuur
COMS222 Korporatiewe Kommunikasie: Skryfwerk vir Interne Gehore
COMS223 Visuele Kommunikasie (MK, VK)
COMS224 Televisie-uitsaaiwese (MK)
COMS225 KMV Kommunikasie (PK)
 
Derdejaarsvakke
COMS311 Kommunikasieteorie 
COMS312 Korporatiewe Kommunikasie: Skryfwerk vir Eksterne Gehore (PK, VK)
COMS313 Toegepaste Webontwikkeling (MK, VK)
COMS314 Radioproduksie (MK)
COMS318 Ontwikkelingskommunikasie (MK, PK)
COMS321 Kommunikasie-etiek en die Reg
COMS322 Navorsingsmetodologie
COMS323 Televisieproduksie (MK)
COMS324 Toegepaste Multimedia-ontwikkeling (VK)
COMS325 Geïntegreerde Kommunikasie
COMS326 Kernvaardighede in Joernalistiek (PK)
KCOM328 Bemarkingskommunikasie
 

Eerstejaarsvakke
KCOM111     Inleiding tot Massakommunikasie
KCOM112     Inleiding tot Kommunikasiekontekste
COMS113     Skryfwerk in Verskillende Kontekste
COMS114     Inleiding tot Visuele Kommunikasie
KCOM121     Inleiding tot Joernalistiek
COMS123     Inleiding tot Ontwikkelingskommunikasie
COMS124     Inleiding tot Korporatiewe Kommunikasie

Tweedejaarsvakke
KCOM211     Uitgewerswese
COMS212     Identiteit en Diversiteit in Ontwikkelingskommunikasiekontekste
COMS213     Korporatiewe Kommunikasie
COMS214     Sosiale Media
COMS215     Radio-uitsaaiwese
COMS221     Reputasiebestuur
COMS222     Korporatiewe Kommunikasie: Skryfwerk vir Interne Gehore
COMS223     Visuele Kommunikasie (MK, VK)
COMS224     Televisie-uitsaaiwese (MK)
COMS 225    KMV Kommunikasie (PK)

Derdejaarsvakke
COMS311     Kommunikasieteorie
COMS312     Korporatiewe Kommunikasie: Skryfwerk vir Eksterne Gehore (PK, VK)
COMS313     Toegepaste Webontwikkeling (MK, VK)
COMS314     Radioproduksie (MK)
COMS318     Ontwikkelingskommunikasie (MK, PK)
COMS321     Kommunikasie-etiek en die Reg
COMS322     Navorsingsmetodologie
COMS323     Televisieproduksie (MK)
COMS324     Toegepaste Multimedia-ontwikkeling (VK)
COMS325     Geïntegreerde Kommunikasie
COMS326     Kernvaardighede in Joernalistiek (PK)
KCOMS328   Bemarkingskommunikasie

Addisionele vakke
ENLL111 Introduction to literary genres (I)
of
ENLS112 English for specific purposes
ENLL121 Introduction to literary genres (II) and grammatical analysis
of
ENLS122 English language for professional purposes


Vir meer inligting, raadpleeg asseblief die jaarboek.

Toelatingsvereistes

APS-telling van 24
English vlak 5 (60–70%)
 
Die APS-berekenaar kan help om jou APS-telling uit te werk.

Loopbaangeleenthede

  • Internal communication practitioner
  • Openbarebetrekkingepraktisyn
  • Marketing
  • Brand and reputation management
  • Media relations
  • Creating communication material and publications (printed and digital)
  • Online content management and social media management
  • Communication research
  • Stakeholder relations management
  • Crisis communication
  • Sponsorship liaison
  • Corporate communication consultant
  • Joernalis (digitaal, gedrukte media, uitsaaiwese)
  • Beïnvloeder 
  • Mediabeleidsanalis 
  • Akademikus
  • Navorser
  • Uitgewer
  • Tegniese skrywer

 

Nagraadse studies

  • BA Kommunikasie (Honneurs) (PK, MK)
  • MA (PK, MK)
  • PhD (PK, MK)
Sien ook die onderskeie spesialisgebiede: