Skryfhulpmiddels

SKRYFHULPMIDDELS


Afrikaanse SkryfGoed 6

CTexT se Afrikaanse SkryfGoed is die enigste versameling van vier Afrikaanse skryfhulpmiddels vir Microsoft® Office, en kan help met die volgende:

Vir beter spelling: Afrikaanse Speltoetser

As die enigste sogenaamde tweedegenerasie-speltoetser vir Afrikaans, is hierdie tans die mees gevorderde Afrikaanse skryfhulpmiddel.

Vir beter taalgebruik: Afrikaanse Grammatikatoetser

Anders as ʼn speltoetser, het die grammatikatoetser se taak met meer as net spelling te make. CTexT® se Afrikaanse Grammatikatoetser is die eerste Afrikaanse skryfhulpmiddel vir Microsoft® Office wat kan evalueer of die taalgebruik in ʼn teks aan sekere konvensies en reëls van die taal voldoen.

Vir beter woordkeuse: Afrikaanse Tesourus

Kikker skryfwerk op met sinonieme vir bykans 80 000 woorde. Die Tesourus vergemaklik die opsoek van woorde en herken verwante woorde.

Vir beter bladuitleg: Afrikaanse Woordafbreker

Hierdie nuttige hulpmiddel help met die afbreek van woorde op die regte plek aan die einde van ʼn reël.

 

Vir meer inligting oor Afrikaanse SkryfGoed 6 en aankope

Speltoetsers
vir Suid-Afrikaanse Tale

'n Versameling van nege speltoetsers en woordafbrekers vir die volgende Suid-Afrikaanse tale: isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Sesotho sa Leboa, Setswana, Siswati, Tshivenḓa en Xitsonga.

Hierdie speltoetsers is ontwerp vir gebruik saam met Microsoft® Office 365, Microsoft® Office 2019 of Microsoft® Office 2016. Die installasie is eenvoudig en bystand is telefonies beskikbaar.

 

Vir meer inligting oor CTexT se speltoetsers vir Suid-Afrikaanse Tale en aankope