Autshumato

Autshumato

 

Autshumato is ʼn projek wat deur die Departement van Kuns en Kultuur geborg word om oopbronvertaalsagteware te ontwikkel, vry te stel en te ondersteun om groter toegang tot inligting vir elke Suid-Afrikaner te verskaf.

Die projek het in 2007 afgeskop met die doel om meer dokumente in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale in die staatsdiens te skep met behulp van gebruikersvriendelike oopbronsagteware wat die vertaalproses vereenvoudig en verkort, en terminologiestandaardisasie bevorder. Die projek behels ook masjienvertaling (MV).

Masjienvertaling (MV) vind plaas wanneer 'n rekenaar poog om outomaties 'n teks van een taal (byvoorbeeld Engels) na 'n ander te vertaal. Die Autshumato MV-stelsel kan tans vertalings vanuit Engels na Afrikaans, isiZulu, Sepedi, Sesotho, Setswana en Xitsonga hanteer.

 

 

 

 

Tegnologie vir die algemene publiek

  • Die maklikste manier om toegang tot die MV-stelsels te verkry is via die Autshumato Masjienvertaling-webdiens (in Engels MTWS). Die Autshumato Masjienvertaling-webdiens stel enigiemand met toegang tot die internet in staat om sinne, dokumente en webbladsye vanaf Engels na Afrikaans, isiZulu, Sesotho, Setswana, Sepedi en Xitsonga te vertaal. Volg die skakel om die diens te gebruik: http://mt.nwu.ac.za/
  • Autshumato Translate is 'n selfoontoepassing vir Android wat alle bestaande Autshumato-dienste meer toeganklik en beskikbaar vir die publiek maak. Die toepassing span data in wat voorheen ontwikkel is om woorde van lyn af in al 11 die amptelike tale van Suid-Afrika te vertaal. Autshumato Translate kan van Google Play Store afgelaai word, of skandeer die QR-kode in om dit af te laai.

            

 

Sagteware vir professionele vertalers

  • Autshumato Integrated Translation Environment: Die ITE kan beskryf word as rekenaarsagteware wat die vertaalproses makliker maak vir vertalers met behulp van vertaalgeheues en glossariums of woordelyste. Die sagteware kan gebruik word om tussen enige twee natuurlike taalpare in enige van die Suid-Afrikaanse tale te vertaal. Om die ITE af te laai, gaan na http://autshumato.sourceforge.net
  • Vertaalgeheue en Glossariumgeïntegreerdestelsel (in Engels TMG): Die stelsel is 'n groepwerwingsplatform aan wie en vanwaar vertaalhulpbronne verskaf en verkry kan word. Die deel van vertaalhulpbronne tussen verskeie vertaaleenhede en vryskutvertalers verseker verhoogde konsekwentheid en produktiwiteit tydens vertaalprojekte. Op hul beurt kan sodanige vertaalprojekte beter toegang tot inligting aan mense in hul moedertaal verskaf. Die stelsel bied geleentheid vir gebruikers om hulpbronne te evalueer en kommentaar daaroor te lewer ten einde vir ander gebruikers 'n aanduiding oor die gehalte van 'n besondere bron te gee. Die stelsel registreer ook die bronne wat die vertaler op- en afgelaai het, en dien as 'n wolkstoorplek vir vertaalhulpbronne. Dit impliseer dat, in geval jy jou vertaalbronne verloor, jy hulle maklik weer kan instel met behulp van hierdie fasiliteit. Die TMG maak ook voorsiening daarvoor dat bestuurders van vertaaleenhede hul personeel en ander hulpbronne op die stelsel kan bestuur. Vir toegang tot die TMG, gaan na https://tmg.nwu.ac.za

 

Terminologiebestuur

  • Autshumato Terminologiebestuurstelsel (in Engels TMS): Die stelsel help met die ontwikkeling van terminologiedatabasisse in verskillende tale.
  • Ander hulpbronne wat as deel van die Autshumato-projek ontwikkel is, sluit in belyningsagteware, ʼn PDF-ekstraheerder en ʼn teksanonimeerder wat privaatheid beveilig wanneer Autshumato ITE gebruik word. Om die Terminologiebestuurstelsel en ander hulpbronne af te laai, gaan na http://autshumato.sourceforge.net