Sosiologie

Sosiologie is die studie van die samelewing, patrone van sosiale verhoudings, sosiale interaksie en sosiale instellings. Sosiologie is gemoeid met die mens en sy/haar omgewing, en met die interaksie tussen mense. Sosiologie raak ’n mens se hele lewe aan en kan aan elke persoon riglyne verskaf om ’n nuwe, dinamiese toekoms saam met ander mense te beplan.

Waarom Sosiologie bestudeer?

Sosiologie heg groot waarde aan gevorderde kennis en vaardighede. Dit bied opleiding wat jou sal toerus om ’n beduidende bydrae in ’n vinnigveranderende wêreld, veral in Suid-Afrika, te maak. Jy sal deur hierdie opleiding nuwe kundigheid, analitiese vermoëns en navorsingvaardighede verwerf, en jy sal toegelaat word om dit te beoefen. Hierdie vermoëns is gesog in die arbeidsmark, maar stel jou ook in staat om onafhanklik in die arbeidsektor te funksioneer.