Taaltegnologie

Net beskikbaar op die Potchefstroomkampus


Taaltegnologie is ’n interdissiplinêre gebied wat die meeste subdissiplines van linguistiek, asook rekenaarlinguistiek, natuurliketaalverwerking, rekenaarwetenskap, wiskunde en statistiek insluit. Wanneer mense met rekenaars in natuurlike (menslike) taal moet kommunikeer, moet die taal wat hulle gebruik deur middel van rekenaars hanteer en verwerk kan word. Dit vereis dikwels ’n breë kennis van nie net linguistiek en hoe tale werk nie, maar ook van rekenaarwetenskap en verwante gebiede.
 

Waarom Taaltegnologie studeer?

Binne die moderne tegnologiegeoriënteerde wêreld waar natuurlike taal al hoe meer gebruik word om nie net van aangesig tot aangesig te kommunikeer nie, maar waar daar ook rekenaargebaseerde interaksie tussen kliënte en maatskappye plaasvind, bestaan daar ’n dringende behoefte aan opgeleide kundiges op die gebied van die verwerking van natuurlike taal. Gegradueerdes word toegerus met die kennis en vaardighede om hulle beroep te beoefen in enige bedryf of besigheid in Suid-Afrika wat rekenaars gebruik om interaksie met kliënte moontlik te maak. Gegradueerdes kan ook aansoek doen by verskeie internasionale maatskappye wat natuurliketaalnavorsing en -ontwikkelingsgroepe het, soos Google, Facebook, Twitter, Microsoft, Amazon, IBM en so meer.

Kursusinligting​

Die BA in Taaltegnologie is ontwerp om die geleentheid te skep vir studie in Rekenaarlinguistiek en opleiding in konsepte en navorsingsmetodes van natuurliketaalverwerking. As die enigste instelling in Suid-Afrika wat ’n BA in Taaltegnologie aanbied, is die NWU ’n nasionale leier op die gebied van taaltegnologie. Aangesien die graad nie uitsluitlik op een taal fokus nie, bevorder dit ook die gebruik en voortgesette gebruik van die meeste van die amptelike tale van Suid-Afrika, met laasgenoemde wat ’n prioriteit van die nasionale regering is, asook ’n belangrike kulturele noodsaaklikheid.

Die driejaarkursus word slegs voltyds by ons Potchefstroomkampus (PK) aangebied. Studente moet 14 kernmodules van Statistiek, Wiskunde, Programmering en Taaltegnologie neem. Daarbenewens moet studente tien keusemodules uit die lys beskikbare keuse-taalmodules (Afrikaans en Nederlands, Engels, Tswana, Frans of Duits) voltooi.

Suksesvolle voltooiing van hierdie kwalifikasie sal toelating tot die Baccalaureus Artium (Honneurs) op die spesialisasiegebied van Taaltegnologie of Linguistiek op NKR-vlak 8 moontlik maak, en verder tot die verwante meestersgraad op NKR-vlak 9.

Let wel: Slegs 10 studente wat vir hierdie kursus aansoek doen, sal vir toelating in 2022 gekeur word - sien toelatingsvereistes

Indien meer aansoeke ontvang word as wat geakkommodeer kan word, sal studente volgens hulle TPT-telling gegradeer word en van die hoogste tot die laagste telling toegelaat word. Dit beteken dat nie alle studente wat aan die vereistes voldoen noodwendig in die kwalifikasie geakkommodeer sal kan word nie.

Moontlike beroepsgeleenthede

  • Akademie & navorsing
  • Industrieë wat rekenaars gebruik om met kliënte te kommunikeer

Navorsings- en ontwikkelingsgroepe wat fokus op Natuurliketaalprosessering, soos bv. Google, Facebook, Twitter, Microsoft, Amazon, en IBM

Interessante skakels​

 

 

TOELATINGSVEREISTES

Wiskunde: moet op Vlak 5 wees – slaag met 60 – 69%
NB: Nie Wiskunde Geletterdheid nie – geen toelating nie.
En een van die volgende vakke:
IT, Rekeningkunde óf Fisiese Wetenskappe
Slaagsyfer op vlak 4 (50 – 59%) vir een van die bogenoemde vakke.

APS van 24 
Werk hier jou APS uit