Bevolkingstudie en Demografie

Gegradueerdes in Bevolkingstudie is in aanvraag in Suider-Afrika. Hulle kan moontlik werk kry by verskillende staatsdepartemente soos Statistieke Suid-Afrika, waar hulle betrokke is by die insameling, verwerking en ontleding van data vir beplanning; by nieregeringsorganisasies; burgerlike organisasies; internasionale ontwikkelingsagentskappe; akademiese en navorsingsinstellings; en by nasionale en provinsiale bevolkingseenhede wat demografiese en verwante aktiwiteite onderneem.

Waarom Belvolkingstudie en Demografie bestudeer?

Die Bevolkingstudie en Demografie-program bied programme in Bevolkingstudie op baccalaureus-vlak, as nagraadse diploma, en op honneursgraad-, meestersgraad- en doktorale vlak aan. Studente word toegerus met kennis en vaardighede in demografiese ontleding, en bevolkings- en ontwikkelingsinterverwantskappe wat vir die toepassers van bevolkingsbeleide en geïntegreerde bevolkingsverwante programme nodig is.