Geskiedenis

Geskiedenis behels breedweg die studie van die verlede en die impak daarvan op die hede en op aspirasies vir die toekoms. Hierdie program stel ’n student in staat om grondige navorsing te doen oor hoe die verlede ons hede vorm en hoe ons hede ons toekoms vorm. ’n Student sal ook in staat wees om te verstaan hoe die hede deur weergawes van die verlede gevorm word.

Waarom Geskiedenis bestudeer?

Geskiedenis hanteer die optrede, gedagtes en emosies van mense in ’n samelewingskonteks. Geskiedenis word nie net as gevolg van die verlede bestudeer nie, maar ook om ’n beter begrip en beoordeling van moderne tye te verkry. Geskiedenis, ’n mensgeoriënteerde wetenskap, het dus betekenisvolle menslike gedrag in ’n samelewing in die oog. Aangesien die mens interessant, kompleks en onvoorspelbaar is, is die praktyk van geskiedenis ook lewendig, opwindend en genotvol.