Visie en Missie

Die Fakulteit Geesteswetenskappe streef daarna om die voorkeurkeuse op die gebied van die geesteswetenskappe te word deur kritieke en intellektuele denkgeleenthede oor die menslike ervaring as geheel te verskaf. Ons glo in gemeenskapsbetrokkenheidsnavorsing en etiese onderrig- en leer vir alle studente wat ons Afrika-identiteit in die strewe na uitnemendheid in vakkundigheid en maatskaplike verantwoordelikheid bevestig.

Die fakulteit streef daarna om aan belanghebbers ’n merkwaardige en buitengewone ervaring in onderrig-, leer-, navorsings- en gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatiewe te verskaf. Die fakulteit wil ook ’n bydrae lewer tot die maatskaplike, ekonomiese en kulturele transformasie van die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap deur ons kundigheid op die gebied te benut om die uitdagings van die 21ste eeu aan te pak.

Ons wil dit doen deur:

  • die kernfunksie van hierdie universiteit wat in Afrika geleë is, te aanvaar en uitnemendheid in onderrig, leer, navorsing en maatskaplik-responsiewe vakkundigheid wat in Afrika gegrond is vir deelname aan ’n wêreldwye samelewing te bevorder,
  • sodat daar ’n begrip van ons gedeelde erfenis en diverse tale, kulture en ervarings wat in ons studenteliggaam weerspieël word, by ons studente ingeskerp word,
  • sodat baanbrekende inisiatiewe gevestig kan word om die kurrikulums van die dissipline te transformeer/dekolonialiseer, en
  • om personeel van die hoogste gehalte te lok en te behou op ’n wyse wat sensitief is vir en ongelykhede en onbillikhede erken wat deur apartheid en kolonialisme geskep is,
  • sodat die fakulteit met ander dissiplines in die universiteit kan bande smee, en streeks-, nasionale en internasionale samewerkingsgeleenthede sal soek om aan sy doel te voldoen,
  • en die fakulteit se waarde teenoor alle belanghebbers sal demonstreer, wat die volgende insluit:
 ’n Sorgsaamheidsetiek
 Akademiese integriteit
 Akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing
 Verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid en deursigtigheid
 Die omarming van billikheid en diversiteit en menswaardigheid