Baccalaureus Artium in Grafiese Ontwerp

 

Oorsig

Die NWU se Grafiese Ontwerp-program bestaan reeds 20 jaar, en in daardie tyd is dit as ’n gesogte kwalifikasie gevestig. Ons studente het bewys dat hulle nie net oor baie groot talent beskik nie, maar deurlopend in staat is om op hulle gekose gebiede en professies uit te blink. Ons personeel is toegewyde mentors en fasiliteerders van ons studente se groei, en verseker dat hulle die bedryf met ’n mededingingsvoordeel betree. 
Ons prioriteite was nog altyd duidelik: om ’n volgende geslag grafiese ontwerpers en kreatiewe denkers te kweek sodat hulle kan ontwikkel in individue wat op hulle gebied – hetsy dit grafiese ontwerp, illustrasie of multimedia-ontwerp is – en in hulle kritiese probleemoplossings- en denkvermoë uitmunt. Ons studente is omgeef deur ’n kreatiewe omgewing met ’n gevoel van verantwoordelikheid teenoor die vakgebied van visuele kommunikasie, ons samelewing en die planeet deur hulle toewyding, harde werk en passie. Ons hoop van harte dat jy jou reis by ons gaan begin, en gaan voortgaan om ons nalatenskap van prestasie in ontwerp uit te bou.
Die visie van die BA in Grafiese Ontwerp-program is om gegradueerdes effektief en suksesvol toe te rus en in staat te stel om goedafgeronde konseptuele denkers, probleemoplossers en vaardige praktisyns in hulle bedrywe, asook kritiese denkers en toekomstige navorsers te wees. Die doel van die BA in Grafiese Ontwerp-program is om hierdie visie deur sy onderrig en leer, en ter voorbereiding vir navorsing te verwesenlik deur:

  • Navorsingsmetodologieë en kritiese analise in die studiegebied bekend te stel.
  • Kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede te aanvaar en te ontwikkel.
  • Deurlopende leer te fasiliteer en aanpasbaarheid vir ondersoekende oplossingsgedrewe praktyk moontlik te maak.
  • Kreatiwiteit, innovering en responsiewe interaksie in die bedryf en die samelewing as geheel te bevorder.
  • Nasionale en internasionale oplettendheid en onderlinge verbondenheid in die kreatiewe bedrywe te genereer.
  • Fisiese en digitale leeromgewings te verskaf wat ondersoekende samewerking, ontwerpdenkende kreatiwiteit en ’n ondersoekende ingesteldheid verskaf.

Ons streef daarna om hierdie doelwitte te bereik om:

  • Die kreatiewe bedrywe te dien deur toekomstige gegradueerdes voor te berei om professionele persone te word wat betekenisvolle oplossings, innoverings en maatskaplike impak kan bydra.
  • Die beste praktyke vir professionele grafiese ontwerp en verwante dissiplines by ons toekomstige gegradueerdes te vestig sodat hulle leiers in die bedryf kan word wat deur progressiewe denke, akademiese sterkte en praktiese kundigheid gekenmerk word.
  • Interdissiplinêre samewerking aan te moedig en te koester, nie net in die kreatiewe bedrywe nie, maar ook op ander gebiede wat met ons professie en navorsing verband hou.

Graadopsies

BA in Grafiese Ontwerp
BA in Grafiese Ontwerp met Kommunikasie

Albei grade is vierjaar- voltydse keuringskursusse wat slegs op die Potchefstroomkampus (PK) aangebied word.

Kernvakke

Eerste jaar – ontwerpskeppers
Ons studente bou in hulle eerste jaar hulle basiese grafiese-ontwerp- en tekenvaardighede.

Tweede jaar – ontwerp-probleemoplossers
Die tweede jaar gee aan studente die geleentheid om hulle belangstellings in óf Kommunikasiestudies óf Kunsgeskiedenis en Illustrasie as bykomende gebiede saam met hulle basiese Grafiese Ontwerp-modules uit te brei.

Derde jaar – ontwerppraktisyns
Studente stel in hulle derde jaar ’n portefeulje saam wat ’n verskeidenheid werk vertoon en hulle help om hulle kritiese denke ten opsigte van hulle gehoor, hulle strategie, konseptuele skepping en ontwerpvaardighede te verfyn.

Vierde jaar – ontwerpnavorsers
Studente ontvang individuele leiding om hulle praktyk te bevorder en te verfyn, en hulle te help om hulle denke/skeppingsvermoë deeglik en oordeelkundig aan te wend. Dit berei studente voor vir senior posisies in die bedryf, en ook vir verdere navorsingstudies op die gebied van Grafiese Ontwerp, Multimedia-ontwerp en Illustrasie.

Toelatingsvereistes

APS-telling van 24

Engels vlak 5 (60–70%)

Die APS-berekenaar (calculator) kan jou help om jou APS-telling uit te werk.

Inname inligting

Aansoeke sluit 31 Mei 2024
Portefeulje-indienings sluit 28 Julie 2024
Keuringstoetse en Onderhoude vind op 20 & 21 September 2024 plaas

Prospektus 2024 sal binnekort opgelaai word

Prospektus 2023

Keuringsprosedure

Fase 1: NWU-toelating en aansoek

Die NWU se universiteitstoelatingsprosedure vind voor die Grafiese Ontwerp-keuringsproses plaas. Aanvaarding vir die Grafiese Ontwerp-vakgroep kan slegs plaasvind nadat ’n voornemende student deur die Universiteit aanvaar is (raadpleeg die toelatingsvereistes). Maak asseblief seker dat jou aansoek ingedien en goedgekeur is voordat jy aan die tweede en derde fases van die keuringsprosedure deelneem. Let op dat aansoeke vir niekeuringskursusse in September sluit, maar dat aansoeke vir die BA-grade in Grafiese Ontwerp vroeër sluit.

Fase 2: Grafiese-ontwerpportefeulje

Jy moet ’n portefeulje saamstel wat jou kreatiewe denke en tegniese vaardighede verteenwoordig. Hierdie portefeulje bestaan uit ’n kort vraelys, gestandaardiseerde voorgeskrewe projekte en ’n persoonlike seleksie van jou eie werk. Raadpleeg asseblief die NWU BA in Grafiese Ontwerp se prospektus en aansoekboekie en video vir meer besonderhede. Onthou asseblief dat jy die volle driefase-keuringsprosedure moet voltooi om vir ’n plek in die BA Grafiese Ontwerp-graadprogram in aanmerking te kom. ”.

Rig navrae aan

Fase 3: Vaardigheidstoets en/of onderhoud

Suksesvolle fase 2-aansoekers sal via e-pos gekontak word met reëlings vir die skedulering van ’n vaardigheidstoets en onderhoud. Raadpleeg asseblief die BA Grafiese Ontwerp-prospektusboekie vir meer inligting hieroor.

Kontak asseblief ons administratiewe assistent, Zita Kyster, vir meer inligting by zita.kyster@nwu.ac.za of skakel 018 299 4091.

Loopbaangeleenthede

Die grafiese-ontwerpbedryf is ’n groeiende, dinamiese bedryf en is bekend as die grootste indiensnemer van kunstenaars in kreatiewe beroepe. Individuele talent, dryfkrag en persoonlikheid speel egter ’n belangrike rol in die bepaling van die posisie wat ’n gekwalifiseerde persoon in die mark sal beklee. Verskeie ondernemings, maatskappye, ontwerpinstellings, kommunikasie- en drukwerkondernemings stel grafiese ontwerpers aan.
Die gekwalifiseerde persoon wat hulle onafhanklikheid geniet, kan hulle eie onderneming begin of ander ontwerpers aanstel om saam met hulle te werk. Die wêreld van grafiese ontwerp is een van die stimulerendste en opwindendste studiegebiede wat ’n talentvolle student kan betree, en bied talle loopbaangeleenthede wat vervullend en vol uitdagings is.

Hier is ’n klompie loopbaangeleenthede wat op jou wag:

  • Grafiese ontwerper
  • Professionele grafiese ontwerper
  • Publikasie-ontwerper
  • Handelsmerkbestuurder
  • Tipograaf
  • Uitlegkunstenaar
  • Kunsdirekteur
  • Kreatiewe direkteur
  • Kopieskrywer
  • Web-, app- en UX-ontwerper
  • Redaksionele ontwerper
  • Verpakkingsontwerper
  • Multimedia-ontwerper
  • Karakteranimasiekunstenaar
  • Interaksieontwerper
  • Film- en TV-regisseur
  • Filmmaker van dokumentêre films
  • Speletjie-ontwerper
  • Bewegingsgrafika-kunstenaar
  • Klankontwerper
  • 3D-konsepkunstenaar
  • 3D-animasiekunstenaar
  • Professionele illustreerder
  • Redaksionele illustreerder
  • Storiebordillustreerder
  • Strokiesverhaalkunstenaar
  • Botaniese illustreerder
  • Grafieseromanskrywer
  • Patroontwerper