Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie

Wat doen 'n Kommunikasiepraktisyn?

’n Kommunikasiepraktisyn verseker dat daar voldoende gesprekke en kommunikasie tussen die organisasie en die organisasie se belanghebbers (met ander woorde die beleggers, die werknemers, die media, die regering) is om die organisasie te help om sy strategiese doelwitte te bereik. Om dit te doen, ontwikkel die praktisyn ’n plan en ’n strategie, wat optrede insluit soos die opstel van nuusbriewe en webwerwe, die bestuur van sosiale media, en die beplanning van geleenthede.

Waar kan jy werk?

’n Kommunikasiepraktisyn kan by enige organisasie (met of sonder winsbejag) of regeringsdepartement werk – enige plek waar ’n organisasie die behoefte het om intern en ekstern met mense te kommunikeer.

Waarom Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie aan die NWU studeer?

Die BA in Kommunikasie- en BCom in Kommunikasie-graad aan die NWU stel jou in staat om al die spesialisgebiede in kommunikasie te ondersoek voordat jy besluit watter spesifieke rigting jy in die voorgraadse kursus wil volg. In die honneursjaar, op die gebied van Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie, word jy voorberei om die werksomgewing met al die nodige vaardighede te betree. 
 
Dit sluit in:
  • Skryfvaardighede 
  • Beplanningsvaardighede vir strategiese kommunikasie
  • Vaardighede ten opsigte van elektroniese media
  • Navorsingsvaardighede
  • Kommunikasiebestuursvaardighede 
  • KMV-kommunikasievaardighede
  • Image and reputation management
  • Public speaking
  • Marketing management
  • Editing and publishing skills

Keuringskriteria

Spesifieke toelatingsvereistes geld vir alle honneursprogramme in Kommunikasie:
 
  • ’n Driejaargraad in Kommunikasie met ’n gemiddelde slaagsyfer van 60% vir die kernmodules in Kommunikasie op derdejaarsvlak. 
  • Alle aansoekers word voor toelating gekeur.
  • Toelating tot die spesialisgebiede van Joernalistiek en Mediastudies, Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie, en Ontwikkelingskommunikasie is onderhewig aan keuring volgens die kriteria wat in die studentegids aangegee word.
  • ’n Gemiddelde van ten minste 60% vir die Kommunikasieteorie-module (nuut COMS311 – oud KCOM218), asook die Kommunikasienavorsing-module (nuut COMS322 – oud KCOM311) of ekwivalente modules.
  • Addisionele toelatingsvereistes geld vir elke program.
  • Vir Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie moet studente die volgende modules slaag: COMS124, COMS213, COMS221, KCOM328 en COMS326 (PK, VK, MK). Hierdie graad in Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie word op Potchefstroom (PK) en Mahikeng (MK) aangebied.
Raadpleeg asseblief die jaarboek vir meer inligting.