Navorsingsgroepe

Navorsingsprogramme in die entiteit:

  1. Sosiale en herstellende geregtigheid

Sosiale geregtigheid verwys na regverdigheid in die samelewing. Dit impliseer respek vir alle mense, nie-diskriminasie, gelyke geleenthede, en gelyke toegang tot hulpbronne in die samelewing. Die vier vernaamste beginsels van sosiale geregtigheid is: toegang tot hulpbronne, gelykheid, deelname, en menseregte. Verbandhoudend met sosiale geregtigheid is herstellende geregtigheid, wat toegespits is op die regstelling van benadeling deur samewerking en herintegrasie.

 

Subtemas in die programme sluit in:

 

      1. Gender en seksualiteit

Die Suid-Afrikaanse Grondwet beoog om by te dra tot die verwesenliking van inklusiwiteit rakende gender en seksualiteit, wederkerige respek, en gelykheid. Nogtans, ongeag sy geprese bepalings, toon navorsing dat Suid-Afrika se geskiedenis van geweld onder apartheid en toenemende verslae van geslagsgebaseerde geweld (GGG/GBV) teen vroue, mans en kinders, voortgaan om ons konseptualiserings, ervarings en uitdrukkings van gender en seksualiteit te vorm. Verskillende ideologieë vorm hedendaagse sienings oor die saak. Enersyds aanvaar sommiges steun vir ʼn hiërargies gelaagde benadering tot gender en seksuele identifikasie; dit is, ten gunste van hegemoniese, hetero-normatiewe, en patriargale sienings. Andersyds wys sommige voorstanders van onder andere feminisme, inklusiewe manlikheidsteorie (IMT), postmodernisme, poststrukturalisme, queer-teorie, en sosiale konstruksionisme, op die groeiende diversiteit, vloeibaarheid en homososialiteit tussen mans en vroue. Daarom moedig hierdie subprogram akademici, net soos nagraadse studente, aan om omvattende, sistematiese en geïntegreerde studies uit te voer om kennis en kritiese begrip te bekom rakende debatte in moderne, postmoderne en poststrukturalistiese teoretisering oor gender en seksualiteite. Afhangend van hulle onderskeie fokusse, probeer individuele navorsers en navorsingspanne om gekompliseerde uitdagings verbandhoudend met gender en seksualiteite in Suid-Afrika te identifiseer om aanbevelings en oplossings, wat berus op teoriegedrewe argumente, vir huidige uitdagings voor te stel.

    1. Demokrasie

Demokrasie bly ʼn krities belangrike tema van navorsing namate die laat twintigste-eeuse golf van demokratisering in die geskiedenis terugbeweeg. Uitdagings rakende volhoubaarheid en verdieping van demokrasie het nou na vore gekom en, in sommige gevalle, bedreig dit demokratiese vordering wat gemaak is. Verdieping van demokrasie as navorsingskonteks in Suid-Afrika word as gepas beskou omdat verskeie sosiale, politiese en ekonomiese vrae en uitdagings verband hou met demokrasie en die oorlewing daarvan. Dit brei uit na Afrika en oor die hele wêreld, waar die volhoubaarheid van instellings, die staat, ekonomie, samelewing, globale magsverskuiwings, veiligheid en sekerheid, nasionalisme en konflik, almal onderling verbandhoudend en gemeenskaplik invloedryk raak. Die lens van verdieping van demokrasie bied die geleentheid vir navorsingsverkenning van al hierdie en verwante sake van belang vir sosiale wetenskaplikes.

    1. Digitale geesteswetenskappe (kunsmatige Intelligensie)

Die spoed en skaal waarteen hedendaagse tegnologie ontwikkel, het die wyse waarop ons kennis verstaan en teëkom, verander, asook hoe ons politiek bedryf, en hoe samelewings gevorm word. Ons sien dit byvoorbeeld in die wydverspreide kognitiewe versadiging wat veroorsaak is deur media oorlading; nuwe vorms van waarneming; die bewapening van nasionalistiese, xenofobiese, seksistiese en rassistiese neigings vir populistiese agendas; en die digitale transformasie van die samelewing wat die onderskeid tussen aanlyn en van-lyn-af lewe verdof. Sosiale media verander ook die verspreiding van mag – op positiewe en negatiewe wyses. Meer negatief het dit gelei tot die opkoms van wat genoem word “neokolonialisme”: die uitbreiding en vestiging van aanlyn terreine wat besit en beheer word deur ʼn paar multimediamaatskappye in die globale Noorde, terwyl die globale Suide voortgaan om gebruik te word vir onttrekkende doeleindes wat uitbrei na die oes van data, kobalt mynbou en die uitkontraktering van oproepsentrumwerk. Meer positief het dit daarvoor voorsiening gemaak dat mense met verlore familielede kan verenig, langafstand vriendskappe in stand kan hou, en selfs orgaanskenkers kan vind.

 

Digitaliteit strek nietemin verby inligting, politiek en sosio-ekonomiese besorgdhede omdat dit ook direkte omgewingsuitwerkings het. Die verwantskap tussen netwerk infrastrukture en fossielbrandstof is fundamenteel onvolhoubaar en moet meer intensief nagevors word. Die digitale geesteswetenskappe het ten doel om te reageer op hierdie gekompliseerde integrering van dissiplines in die geesteswetenskappe, toegespits op transdissiplinêre en samewerkende navorsing.

    1. Omgewingsgeesteswetenskappe

Terwyl die omgewingskrisis dikwels beskou word as die domein van die wetenskappe, is dit ook die geval dat die geesteswetenskappe diverse dissiplines het wat ook by die omgewing betrokke is. Daar heers inderdaad ooreenstemming dat die oorsaak van die klimaatkrisis grootliks antroposentries is, wat dié in die geesteswetenskappe noop om betrokke te raak by die menslike in die omgewing. Die antroposentriese aard van die omgewingskrisis bring vrae rakende etiek, geskiedenis, mense- (en omgewings-) regte, skoonheid, waarde ensovoorts na vore. Hierdie vrae kan beantwoord word deur filosofie, antropologie, sosiologie, die kunste, letterkunde, en baie ander dissiplines in die geesteswetenskappe.

 

Die Omgewingsgeesteswetenskappe is daarom ʼn breë term wat baie dissiplines, benaderings en metodes insluit wat kruis- en interdissiplinêre akademiese betrokkenheid aanmoedig.

Organisatoriese bestuur vir volhoubaarheid (Publieke/Openbare, met winsoogmerk en sonder winsoogmerk)

Volhoubare bestuur handel met die langtermyn welstand van organisatoriese belanghebbers. Hierdie pilare is sentraal vir volhoubare bestuur: langtermyn wins, volhoubare omgewing en sosiale volhoubaarheid. In hierdie navorsingsprogram is daar ʼn drievoudige fokus:

      1. Strategiese bestuur van interne belanghebbers

Die konteks van die demokratiese ontwikkelingstaat (d.i. die demokratiese regte van burgers, die grondwetlike verpligting van dienslewering, en die oogmerke van die Nasionale Ontwikkelingsplan [NOP]: Visie vir 2030), eis van die openbare/publieke diens om die uitvoering van die staat se doelwitte en oogmerke strategies te bestuur. Staatsamptenare is noodsaaklik vir bereiking van die voorafgemelde en moet derhalwe bestuur word met uitnemendheid en volhoubaarheid in gedagte. Daarbenewens eis die digitalisering van die werksomgewing te midde van die Vierde Industriële Revolusie (4IR) nuwe werksprosedures en die heropleiding van staatsamptenare. Boonop, soortgelyk aan die meerderheid state in die globale Suide, staar Suid-Afrika byvoorbeeld uitdagings van armoede, werkloosheid, ongelykheid, alomteenwoordighede korrupsie, ontoereikende dienslewering, infrastruktuur wat swak in stand gehou word, besorgdhede oor sekerheid, en mislukkende openbare gesondheidsdienste in die gesig. Die funksionaliteit van die staatsdiens in so ʼn versteurde konteks noodsaak die optimale bestuur, ontwikkeling en benutting van staatsamptenare om staatsdiensprestasie te verhoog met die oog daarop om die oneindige behoeftes van die samelewing aan te pak.

      1. Strategiese bestuur van eksterne belanghebbers

Die organisatoriese landskap verander voortdurend, en die huidige omgewing kan beskryf word as onstabiel, onseker, gekompliseerd en dubbelsinnig. Daar word algemeen aanvaar dat die toekoms en sukses van enige organisasie inter alia afhang van die indruk wat belanghebbers van daardie organisasie vorm. Daarom behoort organisasies voortdurend toegespits te wees op vestiging, bou en kommunikasie van ʼn organisasie se fokus, mandaat, beeld en reputasie. Daarbenewens behoort organisasies daarna te mik om die beste moontlike verhouding met hulle belanghebbers te ontwikkel en in stand te hou om te oorleef, sukses te verseker en die langtermyn oogmerk om waarde vir die organisasie, sy belanghebbers en burgers te skep, te behaal. Hierdie veranderende omgewing vereis ook dat organisasies, byvoorbeeld, hulle kommunikasiebevoegdhede moet aanpas. Daarmee in gedagte, berus die kernfokus van korporatiewe/bedryfskommunikasie op die gehalte van kommunikasie met belanghebbers, wat ʼn krities belangrike aanduider van die toestand van die verhouding tussen die interne en eksterne belanghebbers en die organisasie is. Tesame met die kommunikasie aspekte, word bestuurskwessies in die winsgedrewe en nie-winsgedrewe sektore bestudeer, met inagneming van die uitgebreide veranderinge wat bedryfskommunikasie deur die loop van die afgelope eeu ondergaan het, d.i. die effekte van die Vierde Industriële Revolusie (4IR) en digitalisering.

Spesifiek vir regeringsorganisasies, word die verantwoordelike bestuur, verhoudings en kommunikasie met regeringsvennote en netwerke gelei deur die toepaslike statutêre en regulatoriese raamwerk. Die eksterne belanghebbers sluit die privaatsektor, NRO’s, NWO’s en die informele sektor in. In sommige gevalle noodsaak effektiewe dienslewering die uitkontraktering van besondere operasionele funksies aan regeringsvennote.

      1. Organisatoriese gedrag en dinamiek

Die bestuur van leierskap, motivering, kommunikasie, besluitneming, organisatoriese kultuur en organisatoriese effektiwiteit speel belangrike rolle in die volhoubaarheid van organisasies. In die hedendaagse era het belanghebbers meer mag as gevolg van nuwe media (d.i. sosiale media). Dit beteken dat belanghebbers organisasies meer aanspreeklik hou vir hulle optredes. Intern impliseer dit dat, byvoorbeeld, tradisionele mensehulpbronbestuursfunksies soos werwing en selektering, nou innoverende metodes benut, in teenstelling met, of tesame met tradisionele metodes. Daarbenewens het waardegedrewe kommunikasie (met beide interne en eksterne belanghebbers) ook belangriker geraak weens nuwe mediaontwikkelings.

 

Aangesien die bestuur van organisatoriese gedrag en dinamiek betekenisvol bydra tot die bedryfskultuur, werkplekverhoudings, welstand van werknemers, werknemerprestasie, en uiteindelik bedryfsprestasie, is die rol en verantwoordelikheid van leierskap in die bestuur, ontwikkeling en motivering van werknemers deurslaggewend. Daar word aanvaar dat organisatoriese sukses interne effektiwiteit vooronderstel en daarom is die bestuur van mense, mag en politiek, organisatoriese waardes, asook goeie kommunikasie en besluitnemingstelsels en -praktyke, noodsaaklik vir die bereiking van organisatoriese oogmerke.

Sosiale volhoubaarheid

Die klem is op plaaslike en streeksgemeenskapsontwikkeling en inheemse kennisstelsels, en regering gerig op volhoubaarheid.

      1. Gemeenskapsontwikkeling

Die klem val op navorsing wat plaasvind binne en met gemeenskappe om sosiale en omgewingsverandering teweeg te bring met betrekking tot volhoubare gemeenskapsontwikkeling. Daar is verskeie belangrike rolspelers wat behoort by te dra tot volhoubare gemeenskapsontwikkeling, onder andere die gemeenskappe as sodanig, die nie-winsgedrewe sektor, die winsgedrewe sektor, en die regering. ʼn Verskeidenheid programme en projekte word nagevors, ontwikkel, in werking gestel, en geëvalueer deur hierdie verskillende rolspelers om by te dra tot volhoubare gemeenskapsontwikkeling.

 

      1. Plaaslike en streeksinheemse kennisstelsel en filosofieë

“Plaaslike en inheemse kennis verwys na die verstaan, vaardighede en filosofieë wat ontwikkel is deur samelewings met lang geskiedenisse van interaksie met hulle natuurlike omgewings. Sodanige kennis is integraal tot ʼn kulturele kompleksiteit wat ook taal, stelsels van klassifikasie, hulpbrongebruikspraktyke, sosiale interaksie, rituele en spiritualiteit omvat. Hierdie unieke wyses van kennis is belangrike fasette van die wêreld se kulturele diversiteit en verskaf ʼn grondslag van plaaslik gepaste volhoubare ontwikkeling” (UNESCO) (vry vertaal).

      1. Regering gerig op volhoubaarheid

Dit verwys na die wyse waarop organisasies op verantwoordelike en aanspreeklike wyse sake doen om waarde te skep vir die organisasie en die samelewing, terwyl die omgewing beskerm word. Die gekompliseerdhede van volhoubaarheid is te omvattend vir enkele rolspelers om suksesvol aan te pak. Die gevolg is daarom die ontstaan van ʼn netwerk-vorm van regering, wat inhou dat veelvuldige rolspelers betrokke raak by die wyses waarop samelewings hulleself organiseer in die skepping van waarde ten opsigte van volhoubaarheid. In hierdie opsig werk regeringsinstellings, entiteite en agentskappe saam met internasionale ontwikkelingsagentskappe, privaatsektor ondernemings, nieregeringsorganisasies, gemeenskapgebaseerde organisasies, en ander burgerlike samelewingsorganisasies om die drie dimensies van volhoubaarheid aan te pak, naamlik mense (sosiaal), planeet (omgewing) en wins (ekonomie). Die dinamiek van hierdie netwerk van samewerking staan bekend as “regering” en word in stand gehou deur beleide, internasionale protokolle, verdrae, en institusionele reëlings rakende hulpbrontoewysings.

Wetenskap van die dissipline

Die navorsingsprogram is toegespits op navorsing, ondersoek en ontleding van fundamentele en filosofiese kwessies wat onderliggend in die dissipline is, asook navorsing betreffende onderrig en leer in die dissipline.