Vertaal- en Tolkstudie

Kursusoorsig

Vertaal- en Tolkstudie is ’n driejaarkursus en word binne die program BA Taal- en Literatuurstudie aangebied.  Binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat gelykberegtiging vir die elf (11) nasionale tale in Suid-Afrika bring, is Vertaalstudie gekombineer met tolkopleiding, seker een van die belangrikste kursusse in die nuwe Suid-Afrika.  Die vertaler kan gesien word as brugbouer tussen tale en kulture en kan so die verskeidenheid van ons volkeresamestelling in Suid-Afrika nader aan mekaar bring en misverstande uit die weg ruim.

In Vertaal- en Tolkstudie lei ons jou in die wêreld van intertalige kommunikasie:

  • In die eerste studiejaar gee ons ʼn oorsig oor al die fasette van die vakgebied en skerp jou so ʼn bietjie op en werk aan teks- en taalversorging (teksredakteurs).
  • In die tweede jaar kyk ons na taal- en vertaalteorie en die rol van kultuur in vertaling, die versorging van tekste en leer jou van die "tricks of the trade".
  • In die derde jaar kyk ons meer gespesialiseerd na die vertaling van gerigte tekste, soos literêre tekste, ekonomiese tekste, ens. Ons gee meer aandag aan tolking en kyk ook na die status van taal in Suid-Afrika en wys jou hoe om ʼn eie vertaalpraktyk te begin.

Die toelatingsvereiste vir die kursus is dieselfde as vir die ander vakke binne die program en die student word ook verplig om ʼn taal as alternatiewe hoofvak te neem.

 

Beroepsmoontlikhede

  • Taalpraktisyn (regering- en privaatsektor)
  • As tolk in howe, by wetgewers, by vak- en ander kongresse en by publieke instansies (soos hospitale, munisipaliteite) en onderrigvertolking
  • Privaatsektor (vryskuttolk), publieke sektor (bv. provinsiale of nasionale wetgewers) of by koerantbedryf, advertensiebedryf ens.
  • Uitgewery, d.w.s. die selektering, reprodusering en verspreiding van gedrukte materiaal. Die uitgewersbedryf het mense nodig wat in taalvaardighede opgelei is, met verkieslik ʼn paar ander vakke met ʼn breë kulturele fokus soos Literatuurwetenskap, Filosofie, Kunsgeskiedenis, Politieke wetenskappe en Kommunikasiekunde.
  • Toerisme