Frans

Beskikbaar op die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus


In 2020 is la langue française, die taal van die liefde, ’n amptelike taal in 32 lande en dit word in meer as 43 lande deur ongeveer 300 miljoen mense regoor die wêreld, op elke vasteland, gepraat. Daar is meer as 50 miljoen mense in die wêreld wat leer Frans praat.

Frans is een van die amptelike tale van België, Switserland en Kanada, en dit word in talle lande, soos Marokko, Algerië en Tunisië, as ’n tweede taal beskou. Nege-en-vyftig persent van die Franssprekendes woon in Afrika, insluitend in lande soos Senegal, die Kongo, Kameroen en die Ivoorkus. In Afrika suid van die Sahara gebruik miljoene mense Frans as hulle vernaamste internasionale taal, en so ook mense in Indo-China en lande wat langs die suidelike en oostelike grens van die Middellandse See lê en wat vroeër Franse kolonies of grondgebiede was.

In die Engelssprekende wêreld sien ons daagliks aspekte van die Franse taal, hetsy dit in die etimologie van die woordeskat (soos affair en crayon) is, of wanneer Engelssprekendes ’n Franse frase direk leen omdat dit nie in die Engelse taal voorkom nie (soos cliché en vis-à-vis).

[Accordion Collapsed]

Waarom Frans studeer?​

Hier is ’n paar van die talle redes waarom jy Frans moet leer:

  • Frans is een van die vyf tale wat die meeste in die wêreld en op vyf verskillende vastelande gepraat word, en dit is dus ’n wêreldtaal.
  • Dit is een van die amptelike tale van die Verenigde Nasies, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Olimpiese Spele.
  • Dit is die amptelike taal van die meerderheid van die lande in Afrika, die Afrika-Unie en die SAOG. Verder het talle staatsdepartemente in Suid-Afrika – soos dié van Toerisme, Binnelandse Sake, Justisie en Internasionale Betrekkinge – altyd mense nodig wat meer as een internasionale taal kan praat. 
  • Dit kan jou toegang tot Europa en internasionale betrekkinge wees.
  • Dis ’n wonderlike bate vir jou loopbaan as jy Frans kan praat.
  • Die taal maak deure oop na geskiedenis en kultuur, en maak dit moontlik om te reis.
  • Dit vergroot jou aanlyn wêreld – Frans is een van die vier vernaamste tale wat die meeste op die internet gebruik word.
  • Frans is ’n uitstekende basis om ander soortgelyke Latyngebaseerde tale soos Spaans, Italiaans, Portugees en Roemeens te leer praat.
  • Frans is dié taal op die gebied van kos.
  • Dit word as die tweede invloedrykste taal ter wêreld beskou, en word as die taal van die liefde beskryf.

Kursusinligting​

Die kursus is gerig op beginners met geen voorafkennis van die taal nie, en wat graag Frans wil leer. Frans word op voorgraadse sowel as nagraadse vlak aangebied. Voorgraadse studies behels eerste- tot derdejaarsvlakwerk, terwyl nagraadse werk die voltooiing van ’n honneursgraad behels. Aandag word verleen aan letterkundige sowel as taalkundige gebruik, en veral aan die gebruik van aspekte wat met die Franse taal verband hou. Frans word vir drie tot vyf uur per week aangebied. Hierdie klasse fokus sterk op mondelinge vaardighede, en die oorkoepelende kursus is kommunikasiegeoriënteerd en is op ’n interkulturele benadering gegrond.

Hierdie kursus fokus op:

  • Die ontwikkeling van mondelinge en skriftelike vaardighede en die aanleer van die korrekte Franse uitspraak.
  • ’n Sistematiese oorsig oor Franse grammatika en sinsbou en die sistematiese aanleer van ’n woordeskat.
  • Die interpretasie van ’n verskeidenheid Franse letterkundige tekste.
  • Die geografiese, politieke en sosiohistoriese agtergrond van Frans en die Franstalige kultuur.

Moontlike beroepsgeleenthede​

  • Onderrig van Engels as tweede taal
  • Vreemdetaalpraktisyn
  • Vertaalwerk
  • Joernalistiek
  • Akademie & navorsing (binne 'n tersiêre omgewing)
  • Buitelandsekliëntediens
  • Taalpraktisyn (private & staatsektor)
  • Frans is 'n baie nuttige taal om te kan praat, ongeag van jou studierigting; dit stel jou in staat om in 'n werksomgewing te funksioneer waar daar kontak met Franse vennote of kliënte is.
  • Gasvryheid-, rekreasie- en toerismesektor

Interessante skakels

 
[/accordion]