Sesotho

Beskikbaar op die Vanderbijlparkkampus


Sesotho is ’n Bantoetaal wat in die Bantu-Nguni-era ontstaan het, met dialekte wat uit Sotho, Pedi en Tswana ontstaan het, maar hulle word as afsonderlike tale beskou.

Sesotho word hoofsaaklik deur die Basotho in Lesotho gepraat. Die Basotho het suid getrek namate verskillende stamme hulle in verskillende dele van die land gevestig het.  Van die groepe het hulleself in die weste gevestig, terwyl ander in die ooste en verder suid gevestig is. Sesotho is vandag een van Suid-Afrika se 11 amptelike tale en word deur ongeveer vyf miljoen mense in Lesotho, Botswana, Suid-Afrika, Namibië en Zambië gepraat.

Sesotho was een van die eerste Afrikatale wat op skrif gestel is, en dit het ’n uitgebreide letterkunde. Die eerste skriftelike vorm van Sesotho is deur Thomas Arbousset, Eugene Casalis en Constant Gosselin, Franse sendelinge van die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap wat in 1833 in Lesotho aangekom het, opgestel.  Die eerste grammatikaboek, Etudes sur la Langue Sechuana deur Casalis, is in 1841 gepubliseer.

Om die taal te beskryf, is nie maklik nie, aangesien dit nege vokale het wat in vyf letters elk saamgevoeg word. Vergeleke met ander tale van hierdie aard, is dit nogal ’n groot getal. Die taal bestaan uit 35 konsonante, wat twee halfvokale vir niehomogene dubbelklanke en ’n drieklikklank insluit.

[Accordion Collapsed]

Waarom Sesotho studeer?​

"As jy met iemand in ’n taal praat wat hy verstaan, praat jy met sy kop. As jy met hom in sy taal praat, praat jy met sy hart."

Nelson Mandela

  • Meertaligheid maak deure oop.
  • Dit verbeter jou breinkrag.
  • Dit skep reisgeleenthede.
  • Dit verbreed jou werkgeleenthede.

Kursusinligting​

Die Sesotho-program wat die NWU vir voorgraadse studente aanbied, bestaan uit die akademiese en praktiese studie van Sesotho vir niemoedertaalsprekers sowel as moedertaalsprekers. Vir nagraadse studies bied die NWU die program Vergelykende Afrikatale en Letterkunde aan. Die modules wat in die Sesotho-program aangebied word, behels die studie van taalkundige funksie ten opsigte van die grammatikale, letterkundige en sake-sfere. Die modules vir die BA Honneursgraad behels vergelykende letterkunde van Suid-Afrika en Afrika, tendense in eietydse Afrika-letterkunde, ’n oorsig van ontwikkelings in Afrika-letterkunde, en Afrika-linguistiek

Moontlike beroepsgeleenthede​

  • Onderwys
  • Kreatiewe skryfwerk
  • Akademie & navorsing
  • Redigering
  • Taalpraktyk
  • Motiveringspraatjies
  • Uitsaai- en advertensiewese
  • Vertaalwerk & tolking
  • Joernalistiek
  • Entrepreneurskap & sake
  • Van die sake wat Sesotho raak is die Nasionale Taalplan, die bemarking van taalmenseregte, taal as ekonomiese hulpbron, die ekonomie van taal en die Nasionale Kurrikulumstelling.

Interessante skakels​

 
[/accordion]